book-icon Uitgawe 22 April 2021

HG by Pofadder-moordhuis: Die skok oor beweerde huurmoord

akkreditasie
Die rooi-en-bruin
huis op Pofadder,
wat nou bekend
staan as die “moordhuis”.
Leon is hier
verwurg, vermoor en
sy lyk is in die swembad
gelos.
Die rooi-en-bruin huis op Pofadder, wat nou bekend staan as die “moordhuis”. Leon is hier verwurg, vermoor en sy lyk is in die swembad gelos.

Die vrou wat oorkant die tafel sit, lyk angstig. Sy steek ’n sigaret aan en blaas die rook vinnig uit. Sy is nog verbouereerd wanneer sy terugdink aan die dag in Oktober verlede jaar toe een van die bure in die straat dood in sy swembad gevind is.

Hy was lank ’n goeie vriend, maar die grubesonderhede van sy dood sou enigeen ruk: Leon Brits (41) is in die bors gesteek en met ’n hondeketting verwurg voor sy lyk in die swembad gegooi is.  En toe, byna nóg erger, kom die skok twee weke gelede: Die polisie slaan boeie om Leon se mooi donkerkopvrou van die afgelope 11 jaar, Suretha (30), en sy word daarvan aangekla dat sy die meesterbrein agter die moord op haar man was. 

“Ek lees in die koerante mense noem haar ’n monster. Dat sy Leon se moord haarfyn beplan het omdat hy haar geslaan het. “En ek kan regtig nie my kop rondom dit kry nie, weet jy?” sê sy en skud haar kop. Hierdie keer is die teug dieper, meer dringend, voor sy uitblaas.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees