Die bruidspaar het hul unieke stempel op hulle spesiale dag afgedruk en hulle nie deur tradisie laat voorskryf nie.

Harry het sélf sy pragtige bruid se sluier van haar gesig gelig nadat prins Charles haar na die kansel in St. George-kapel vergesel het.

'n Gewyde oomblik toe prins Charles sy seun se bruid aan hom besorg. Foto: Gallo Images/Getty Images.

Anders as van sy koninklike voorgangers, het Harry besluit om ’n trouring te dra. Sy ring is van platinum.

Meghan se ring is van Walliese goud, wat deur koningin Elizabeth aan haar geskenk is.

Meghan se ring is van Walliese goud wat deur die koningin aan haar geskenk is, gemaak.

Die tiara wat sy saam met haar sluier gedra het, is deur die koningin aan haar geleen. Dit het aan koningin Mary behoort en dit is in 1893 gemaak.

Haar trourok van verwerkte sy is deur Clare Waight Keller van die Franse modehuis Givenchy ontwerp.

Die blomme op haar rok verteenwoordig die uitsonderlike blomme van elke lid van die Statebond. Suid-Afrika se protea is ook daarby ingesluit.

Ongelooflik. Meghan se trourok is deur Givenchy ontwerp. Foto: Gallo Images/Getty Images.

Haar sleep was ’n volle 5 meter lank.

Die paartjie het sewe kinders by hulle gevolg ingesluit, onder andere klein prins George en prinses Charlotte. En George was by tye lekker onnutsig!

Die gospelkoor wat in die kapel opgetree het, het ’n aangrypende weergawe van die bekende lied “Stand by Me” gesing.

Miljoene mense het die seremonie op televisie gekyk, terwyl sowat 100 000 mense in Windsor was om 'n glimps te kry van die bruidspaar se sprokiestroue.

Omdat Harry en Meghan nie in die Westminster-abdy in Londen getrou het nie, was daar nie na die seremonie die gebruiklike soen op die balkon nie.

Die skare het nie omgegee toe Harry sy bruid op die trappe van die St. George-kapel soen nie.

Verseël met 'n soen, tot groot vreugde van die toeskouers.

Die gastelys het talle bekendes ingesluit.

By tye het Harry bietjie bekommerd gelyk, maar ander kere het daar 'n onnutsige glimlag deurgebreek.
Wat sou deur sy gedagtes gaan?
Voor die seremonie afgeskop het, het Harry en William baie vir mekaar te sê gehad.
Maj. Harry, die hertog van Sussex, en sy broer, prins William, wat ook die rol van sy strooijonker vertolk het.

Die stylvolle Venus Williams en Alexis Ohanian. Foto: Getty Images/Gallo Images.
Abigail Spencer en Priyanka Chopra van Suits het pragtig gelyk. Foto: Gallo Images/Getty Images.
Weergaloos. Foto: Gallo Images/Getty Images.
Die oomblik toe Harry sy bruid se sluier lig. Foto: Gallo Images/Getty Images.
'n Stralende Pippa Middleton verwag haar eersteling. Foto: Gallo Images/Getty Images.
Meghan en haar ma, Doria Ragland, op pad na die katedraal. Foto: Gallo Images/Getty Images.
Prins George is die ene nuuskierigheid tot groot vermaak van pa William en ma Kate. Foto: Gallo Images/Getty Images.
Die hertogin van York, Sarah Ferguson. Foto: Gallo Images/Getty Images.
Ongelooflik. Meghan se trourok is deur Givenchy ontwerp. Foto: Gallo Images/Getty Images.
Prinses Eugenie en haar sus, Beatrice, het vroeër opslae gewek met hul hoede. Gelukkig nie vandag nie. Foto: Gallo Images/Getty Images.
Die soen wat nog lank gedeel gaan word. En 'haastige' Harry wou nie wag tot later nie. Foto: Gallo Images/Getty Images.
Dave Hanson, een van die Invictus-sportmanne, en 'n vriend van Harry. Foto: Gallo Images/Getty Images.
Cressida Bonas het ook vantevore met Harry uitgegaan. Foto: Gallo Images/Getty Images.
Chelsey Davey (middel), een van Harry se gewese meisies, was ook teenwoordig. Foto: Gallo Images/Getty Images.
Klein maar 'getryn' om die koninklike wuif te gee. Prinses Charlotte is 'n regte hartediefie. Foto: Gallo Images/Getty Images.
'n Gewyde oomblik toe prins Charles sy seun se bruid aan hom besorg. Foto: Gallo Images/Getty Images.
Prins Andrew en sy dogter, prinses Beatrice. Geen vreemde hoed hierdie keer. Foto: Gallo Images/Getty Images.

Kry ons bylae!
In Huisgenoot se uitgawe van 31 Mei, op die rak vanaf 25 Mei, deel ons al die mooiste oomblikke en besonderhede van die grootste troue van die jaar. Moet dit nie misloop nie!


Bronne: glamour.com, townandcountrymag.com, standard.co.uk, telegraph.co.uk