1. Al die bekendes wat covid-19 opgedoen het
Huisgenoot dek altyd die belangrikste nuus van die dag met erns en oorgawe, maar hou terselfdertyd die doen en late van jou gunsteling-glanspersoonlikhede fyn dop. En met die wêreldwye pandemie as die grootste nuusstorie van die jaar, is dit geen verrassing dat vanjaar se gewildste storie presies lê waar bogenoemde twee genres oorvleuel nie.
Sy kon op ses maande al regop sit, self haar melkbottel vashou en lag. Dit het egter alles skielik in Augustus van 2017 verander toe sy in ’n dagsorgsentrum in Mbombela aan melk stik en ernstige breinskade opdoen.
Sedertdien het die land klein Mienke Mulder se verhaal gevolg, soos haar ouers moedig aanhou veg en gehoop het op haar herstel. Maar sowat drie jaar later het Mienke die stryd verloor en weer het dié hartseer nuus mense landwyd aangegryp.
3. KYK: Pitch Perfect-ster Rebel Wilson deel smeulende foto ná gewigsverlies
Toe dié skreeusnaakse aktrise, bekend en geliefd vir haar rol as Fat Amy in die Pitch Perfect-flieks, skielik ’n paar sensuele foto’s deel as deel van haar indrukwekkende verslankingsreis het dit ons almal laat regop sit.
4. Kyk watter bekendes se kleingoed is grootskool toe
Pragtige foto's van jou gunstelingbekendes en hul skattige kleingoed op dié se eerste skooldag? Natuurlik was dit ’n wenner.
5. Pa gee seun aan polisie oor ná hy teksboodskap sien
’n Tienerseun se pa was so geskok toe hy ’n boodskap sien wat daarop dui dat die seun ’n meisie verkrag het dat hy hom reguit polisiekantoor toe geneem het. Dit het nie net oë laat rek nie, maar sekerlik ook elke ouer laat wonder oor hoe hulle so ’n situasie sou hanteer het.
6. Kupido se pyl tref oud-Binnelanders-aktrise toe ná HMSMSM
Aanhangers het saam met die aktrise Pascal Pienaar gehoop sy vind liefde op die maatsoekreeks Hoor my, sien my, soen my, maar dit het nie gebeur nie. Maar kort ná verfilming het ’n boer van Piketberg haar voete onder haar uitgeslaan.
7. Oorlewendes onthul: So is dit om covid te hê
Toe covid-19-gevalle vinnig besig was om te styg in Suid-Afrika, het baie van ons gewonder hoe dit voel om die virus onder lede te hê. Hierdie berig het gelukkig baie van ons vrae beantwoord, asook sommige van ons vrese bevestig en ander besweer.
8. Kry jou hakke seepglad – hier’s 5 boererate
Wie van ons het nog nie gesukkel met gebarste hakke nie? Die goeie nuus is jy kan bestanddele gebruik wat jy waarskynlik in jou kas het om daai hakke seepglad te kry.
9. Thys die Bosveldklong oor ‘doodsvonnis’ ná hy dokter 4 jaar lank vermy
Toe meervoudige sklerose ná vier jaar se pyn by Thys die Bosveldklong gediagnoseer is, was hy op ’n donker plek, en lesers van oraloor het hom gesimpatiseer.
10. Vrou ontwaak in lyksak nadat sy verkeerdelik dood verklaar is
Toe ’n vrou se “lyk” by ’n begrafnisondernemer opdaag in ’n lyksak, was personeel geskok toe hulle die sak sien beweeg. En nuuskieriges kon skaars vinnig genoeg kliek om die storie agter dié storie te lees.
Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET