Mila se groot Kersgeskenk

Sy is nou te sien in die rolprent Liewe Kersfeesvader, maar in die regte lewe kry Mila Guy self die grootste geskenk wat Kersvader vir haar kan bring: tyd saam met haar mense. 

Haar ouers, Johan en Belinda, woon in Nieu-Seeland, maar vir die feestyd ­kuier hulle in Suid-Afrika. 

#xmasdecorations #santa #PalmerstonNorth #Newzealand

A post shared by mila guy (@milaguy) on

Mila vier Kersfees saam met hulle, haar suster, Maro (22), ouma Thea en oupa Francois Stiglingh en nog ­familiede op Ballito aan die noordkus van KwaZulu-­Natal. 

#wearereindeers #xmas #Newzealand

A post shared by mila guy (@milaguy) on

“Op Oukersaand bly ons wakker tot middernag en bid dan saam. Hierna maak ons geskenke oop en kuier tot in die vroeë oggendure.”

Kersoggend word lekker gekook. Op die spyskaart is boerekos: lamsboud, pampoenkoekies en rys met sous. 

#xmas #santa #family #Newzealand

A post shared by mila guy (@milaguy) on

“Ons eet dan saam as ’n ­familie en daarna sal ons ’n bietjie gaan skuinslê. Die res van die dag gaan ons strand toe, swem en geniet dit net saam.”

Sy onthou hoe sy en Maro as kinders altyd vir Kersvader koekies en melk buite die deur gelos het. Hulle kon dan nie wag om die volgende oggend te sien of hy dit werklik ­geëet het nie.

Gelukkige Moedersdag ??‍?? Mamma is pragtig Lief vir mamma ? Xx #mymamma

A post shared by mila guy (@milaguy) on

“My ouers het regtig altyd moeite gedoen om die dag vir ons spesiaal te maak.”

Anders se Kersdag op die verhoog

Die groep Anders, Wynand en Lindi Delport, sê Kersfees is vir hulle vol lofprysing en lekker eet. “Ons is elke Kersfees op die verhoog in die kerk. Die atmosfeer is so lekker en die kerk is altyd stampvol, maak nie saak waar ons sing nie,” vertel Lindi.

Hulle vier dan die res van die dag saam met vriende en familie – en daar word lekker geëet!

“Ek sien die meeste uit na die skaapboud,” sê Wynand. Lindi maak elke jaar ’n grondboontjiebotter-en-roomystert wat saam met sjokolade en malvalekkersous voorgesit word.

“Vanjaar vier ons dogtertjie, Karmin, haar derde Kersfees, en omdat sy dit nou ’n bietjie beter verstaan, gaan dit ekstraspesiaal wees,” sê Lindi. Vir hulle is die samesyn van Kersfees altyd ’n hoogtepunt.

“Vir ons is dit ook ’n tyd van dankie sê vir alles wat die Here deur die jaar vir ons gedoen het.”

My 1ste kersfees is verby! #haelgeweer #nikon #babaKarmin

A post shared by Wynand Delport (@wynand_delport) on

Lindi onthou hoe sy saam met familielede Kerskonsert vir die volwassenes gehou het. “Dit was vir my amper net so lekker soos die geskenke. Ek hoop om die tradisie met ons kinders voort te sit.”

Franja se vierings vol kos, pret en samesyn

Wanneer sy aan Kersfees dink, dink sy aan gesinstye op Hentiesbaai aan die Namibiese weskus of op die Du Plessis’s se wildplaas by Thabazimbi, vertel die sangeres Franja du Plessis.

“Dit is altyd kosbaar om tyd deur te bring saam met die mense vir wie ek lief is,” sê sy. Sy onthou hoe sy en haar sibbes kleintyd op Kersdag op Hentiesbaai ’n baan uitgelê en met ’n knortjor resies gejaag het.

Raai wat doen ons vandag?! #siblings #ekwillewe #lekker #music @ruanjosh

A post shared by Franja Du Plessis (@franjadp) on

Vanjaar vier hulle Kersfees op hul wildplaas: sy, haar verloofde, Willie Engelbrecht, ma, die sangeres Juanita du Plessis, pa, Doepie, ouboet, die sanger Ruan Josh, en tweelingbroer, Mario. “Dis die dag van die jaar dat ons die lekkerste en die meeste eet. Ons speel speletjies en kuier saam. Dis spesiaal omdat ons die geboorte van Jesus vier en dit familietyd is.”

"My love for you is a journey, starting at forever, and ending at never..." ??? @w_engel7

A post shared by Franja Du Plessis (@franjadp) on

Caroline en Heinrich se Kersfees in Japan

Die The Voice SA deelnemer Caroline-Grace Brüssow en haar haar man, die Springbokrugbyspeler Heinrich Brüssow, gaan vir die laaste keer Kersfees in die vreemde deurbring. “Ek vier altyd wanneer ek kan Kersfees saam met my familie,” sê sy.

Friends makes home a little closer??

A post shared by Caroline-Grace (@carolinebrussow) on

“Maar omdat ek en Heinrich al die afgelope vier jaar oor Kersfees in Japan is, vier ons dit saam met ons vriende wat nou al soos familie is.” Heinrich speel daar vir die Docomo Red Hurricanes.

En hoewel hulle ver van die huis af gaan wees, gaan hulle dit steeds Suid-Afrikaans hou.

“Op Kersdag sal ons tradisioneel ’n groot maaltyd saam geniet en die geboorte van Jesus in ons hart vier.”

Sy sê Kersfees herinner haar aan haar kindertyd by die see.

“Ek het al van kleintyd waarde geheg aan tyd saam met familie. Ons het altyd eers uit die Bybel gelees en dan Kersliedjies saam gesing.”

’n Baba wag in HemelBesem se Kerskous

Simon Witbooi, beter bekend as die rapper HemelBesem, en sy vrou, Claudia, ook bekend as die rapper Yoma, verwag net voor Kersfees hul eersteling. “Daai is nou ’n geskenk wat ek nie kan wag om te unwrap nie,” sê Simon laggend.

Tradisionele kos is op die spyskaart.

Hy vertel in sy grootwordjare het hulle dit nooit breed gehad nie en die klem was op kos. “Ons mense is groot op eet. Ons vat ’n middagslapie en ry dan na vriende en familie om verder te gaan eet. Vanjaar sal ons dieselfde doen,” sê hy.

Sy gunsteling-Kerskos? “Beestong en my ekstrasterk Don Pedro’s.” Simon sê die beste van Kersfees is die feestelikheid oral waar jy gaan.

“Miskien is dit die musiek in die winkelsentrums en strate wat herhalend dieselfde klanke lugtyd gee, maar ons het meer grace met mekaar.”

Die rappers HemelBesem en Yoma vier vanjaar Kersfees saam met hul eersteling.

Simon vertel die Kersfees wat hy nooit sal vergeet nie, is toe hy so 14 jaar oud was.

“Ek was alleen by ons huis en ek’t vriende genooi. Blikkieskos, harde musiek en grappies is soms al wat jy nodig het om goeie memories te maak.”

Bydraes: Carla Coetzee en Jacques Myburgh; Foto’s: Anders-orkes, Gallo Images/GettyImages, Instagram, Verskaf