Dr. Katy Williams en haar seun, Finn, het by die Blyde Wildlife Estate naby Hoedspruit tussen die wooneenhede vir haar man, William, gewag om terug te keer nadat hy gaan draf het toe hulle deur ’n kameelperd aangeval is.

Die familie se woordvoerder, Marina Botha, het in ’n verklaring bevestig dat Katy haar bewussyn herwin het en dat Finn nog onder verdowing is.

“As gevolg van haar beserings is kommunikasie moeilik en gebruik hulle handgebare om te kommunikeer,” sê Marina.

Williams se man, Sam, sê in die verklaring dat dit ongelooflik was om te sien hoe Katy wakker word.

“Ons het haar verseker dat ons hier is vir haar,” sê hy.

“Finn is stabiel en die dokters is tevrede met sy toestand onder die omstandighede. Ek hoop dat hy mettertyd sal wakker word en ons as gesin kan herenig.”

Katy se pa, Jack Standish en sy seun, David, het van Amerika na Suid-Afrika toe gevlieg.

“Daar is niks erger vir ’n pa as om meer as 3 000 km ver te wees as iets van so ’n aard met jou dogter en kleinseun gebeur nie,” sê hy in die verklaring.

Katy en Finn is in die Busamed Modderfontein Hospitaal.