“Dit raak nou net te veel,” sê Jan Eksteen, Agri-Wes-Kaap se verteenwoordiger in die streek.

“Ons was tot onlangs toe nog redelik beskut hier in die Wes-Kaap, maar die feit dat daar nou so kort ná mekaar twee plaasmoorde hier was, wys hoe ernstig die probleem geraak het.”

Jan was Woensdagoggend by ’n vorige saamtrek buite die plaas en sê nog ’n saamtrek word vir Maandagoggend beplan.  

“Ons is almal hard geslaan; hy was ’n bekende gesig en ’n vredeliewende mens. Daar is soveel simpatie en rou emosie vir sy gesin.” 

Joubert se seun, Hannes (15), het op Facebook ’n emosiebelaaide briefie aan sy pa gedeel. 

Volgens die jongste misdaadstatistieke het die nasionale moordsyfer gestyg van 34,1 tot 34,2 moorde per 100 000 mense en is sewe uit die 10 polisiekantore met die hoogste getal aangemelde moorde in die Wes-Kaap, het News24 berig. Die VF+ het ook ’n verklaring uitgereik waarin aangevoer word plaasmoorde het die afgelope jaar met 27,5% en plaasaanvalle met 22,9% toegeneem.

Jan voel die situasie is buite beheer.

“’n Mens sit met jou hande in jou hare. Boere is so weerloos. Hulle werk so hard om vir die land te produseer. Wie gaan vir die kos sorg as hulle weg is?”