Tom is bewusteloos in sy huis aangetref en die paramedici kon nie sy pols vind nie. Hy is op gevorderde lewensondersteunende behandeling in die hospitaal geplaas. Daar was egter geen breinaktiwiteit by hom te bespeur nie en sy familie het die besluit geneem om die masjiene af te skakel.

Tom se bestuurder, Tony Dimitriades, het bevestig hy het Maandagoggend ’n hartaanval in sy huis in Malibu gehad. 

Hy en sy groep, bekend as Tom Petty and the Heartbreakers, het ’n week gelede hul toer afgesluit met drie optredes in die Hollywood Bowl. Dit was ter viering van die groep se 40ste bestaansjaar en sou Tom se laaste toer deur Amerika gewees het.

AnnaKim Violette Petty (35), Tom se jongste kind, het foto's op Instagram gedeel terwyl sy langs haar pa se hospitaalbed gewaak het.

Twin Stars

A post shared by Ilovemyfamily (@dadlivesmatteronelove) on

We love u

A post shared by Ilovemyfamily (@dadlivesmatteronelove) on

Sy het by nog 'n Instagram-foto geskryf haar pa het vir haar as kind dieselfde verhooguitrustings laat maak as wat hy gedra het. Sy het die baadjie saamgevat hospitaal toe.

96 tears was the first song my dad taught me to play thank you for all the love this has been the longest day of my life??

A post shared by Ilovemyfamily (@dadlivesmatteronelove) on

Tom se tweede dogter uit sy huwelik met Jane is Adria, 'n regisseur wat ook bekend is vir haar videowerk met onder meer Beyoncé.

Tom het op 3 Junie 2001 met Dana York Epperson getrou. Sy het 'n seun, Dylan, uit 'n vorige huwelik.

“Dit is skokkende, verpletterende nuus,” het Bob Dylan oor die afsterwe van sy vriend gesê. Die twee was ook deel van die gewilde Traveling Wilburys-groep.

Nog oor Tom

  • Hy het as 11-jarige kannetjie vir Elvis Presley ontmoet en het hom as een van die sterkste invloede op sy musiekloopbaan beskou. Een van sy trefferliedjies, Rebels, word gesien as bevestiging daarvan.

    I was born a rebel . . .
    Yeah with one foot in the grave
    And one foot on the pedal
     
  • Die musiekjoernalis Kenneth Partridge het Tom as ’n “diepsinnige storieverteller” wat met ’n merkwaardige vermoë daarin slaag om ekonomies met sy woorde die storie vertel.
  • Hy het as 17-jarige by die rock-groep Mudcrutch (aanvanklik bekend as The Epics) aangesluit. Die groep het nie lank gehou nie, maar sy vriendskap en samewerking met Mike Campbell (kitaar) en Benmont Tench (klawerbord) sou 5 dekades lank voortduur.
  • Tom Petty and the Heartbreakers het in 1976 ’n wankelrige begin gehad met hul eerste solo: Breakdown. Hulle sou eers in Engeland sukses behaal en met die heruitreiking van Breakdown in Amerika ’n jaar later hul verskyning op die Top 40 maak.
  • Sy duet in 1981 met Stevie Nicks – Stop Draggin’ My Heart Around – het tot op die derde posisie  van die Top-40 geklim.
  • Met Traveling Wilburys Vol. 1 in 1988 sou Tom se musiekloopbaan behoorlik stoom optel. Hy het met Bob Dylan, Roy Orbison, George Harrison en Jeff Lynne saamgewerk en kort voor lank het die album driedubbele platinumstatus bereik.
  • ’n Jaar later skop sy sololoopbaan af met Full Moon Fever, ’n album waarop die immergroen Free Fallin’ verskyn. Dit sou ook die album wees wat hom bo enige van die ander kunstenaars van sy generasie sou laat uittroon.
  • In 1994 word die album Wildflowers uitgereik. Miljoene van die album is verkoop en Tom se aanhangers is absoluut gek daaroor.

Tom Petty tel onder die topkunstenaars van alle tye met meer as 80 miljoen albums wat wêreldwyd verkoop is.

Hy het in die fliek The Postman (1997) saam met Kevin Costner verskyn.

Die pad vorentoe

Dwelmmisbruik was sy antwoord op die verbrokkeling van sy huwelik met Jane Benyo na 22 jaar. Nadat hy behandeling daarvoor ontvanghet, het hy in 1999 ’n nuwe album uitgereik: Echo. Sommige het dit as sy donkerste werk ooit beskryf.

Toe kry Tom ’n ingewing om iets uit die verlede te laat herleef. Hy bring Mudcrutch, die groep waarby hy as 17-jarige aangesluit het, in 2008 weer byeen. Die groep het ’n album uitgereik en ’n toer gedoen. Hulle sou in 2016 weer ’n album uitreik.

In 2014 haal Tom Petty and the Heartbreakers vir die eerste keer die no. 1-posisie met Hypnotic Eye.

“Musiek is die enigste werklike toorkrag waarvan ek weet. Daar is iets werklik eerlik en skoon en suiwer en dit raak jou hart,” het hy in ’n onderhoud aan CNN gesê.


Die groep het besluit om in 2017 hul vier dekades van onvergeetlike musiek te vier met ’n toer deur Amerika.

“Ek dink dit mag dalk ons laaste toer wees,” het hy kort voor die aanvang van die toer aan die gesaghebbende Rolling Stone-tydskrif gesê.

“Ek sal jok as ek nie sê dat ek dink hierdie mag dalk ons laaste groot een wees. Ons is almal aan die rugkant van ons 60’s. Ek het nou ’n kleindogter wat ek graag so veel as moontlik wil sien.

“Ek wil nie my lewe op die pad deurbring nie.”

Twitter treur

Bronne: rollingstone.com, nbcnews.com, cnn.com