Met die herrie wat tans in die Laan woed, is kykers vasgenael voor die kassie om te sien hoe dinge gaan uitdraai.

Diederik, vertolk deur Hennie Jacobs, gaan eindelik die strop om die nek kry wanneer hy Donderdagaand met Amorey (vertolk deur Kristen Raath) voor die kansel gaan staan.

Daar is egter ’n kinkel in die kabel.

Willem (Markus Haywood) het woord in die oor gekry dat hy en Amorey toe eindelik nie bloed-niggie en -neef is nie – niks staan dan nou meer in die pad van hul liefde vir mekaar nie.

Gaan die troue steeds voort? Wel, ons sal maar moet wag en sien!

Maar een ding is seker: Tannie Zelda maak haar verskyning – so dit beteken moeilikheid op hoë hakskoene is oppad!

Kykers het gemengde gevoelens oor Zelda se verskyning.

Maar baie het een opinie met mekaar in gemeen: Sy moet vir haar ousus, Mariaan, gespeel deur Deirdre Wolhuter, 'n les of twee kom leer!


Gaan ons nog meer van Amor in Hillside sien? Daarvoor sal ons ook maar voor die kassie vasgenael moet bly!