Steve Challice van Southampton sê hy was verlede September by die Urquhart-kasteel aan die wesoewer van Loch Ness in Skotland.

Hy het ’n “steuring” in die water gesien en vier foto’s van die wese geneem. Die foto’s sluit een in wat wys hoe die ongeïdentifiseerde wese na die oppervlak kom terwyl dit swem.

Lochness monster
Foto: Steve Challice/Cover Images/Magazinefeatures.co.za

Steve hou egter vol hy maak nie daarop aanspraak dat hy die mitiese Nessie gesien het nie. Hy het aan die Britse media-agentskap Cover Images gesê: “In my opinie (en ek is nie ’n kenner nie) was dit ’n groot vis wat vanaf die see in die Loch inbeweeg het. Ek dink dit was ’n seebaber of iets soos dit, maar ’n grote.”

Lochness monster
Foto: Steve Challice/Cover Images/Magazinefeatures.co.za

Dis baie groot. Die deel wat jy kan sien, is minstens 2,4 m lank en dis onduidelik hoe groot die deel is wat onder water is.

Die water is baie donker in Loch Ness en dit is dus moeilik om vas te stel.

Lochness monster
Foto: Steve Challice/Cover Images/Magazinefeatures.co.za

“Ek het ’n steuring in die water voor my gesien en ’n foto geneem, en toe nog een. Skielik het die vis uit die water gekom en ek het ’n foto daarvan gekry. Dit was in ’n oogwink weer weg en ek was nie seker of ek die foto gekry het of nie. Ek dink dit was ’n gelukskoot. Ek het ’n rukkie gewag en nog ’n foto geneem, maar nie weer die vis gesien nie.”