Dit blyk sowat ses maande nadat Kaylee van den Berg (25) en Rikus (34) se paaie geskei het, het sy ’n nuwe man aan haar sy. 

Kaylee en Rikus is in Mei vanjaar geskei nadat hulle vir ’n jaar en ’n half getroud was.

 Rikus, oftewel Jonathan van Radio Raps, en sy eksvrou, Kaylee in gelukkiger tye.
Rikus, oftewel Jonathan van Radio Raps, en sy eksvrou, Kaylee in gelukkiger tye. Foto: Facebook

Hulle het op 25 November 2017 by die Harmonie Proteas-plaas buite Rayton getrou. 

Die nuwe liefde in haar lewe is glo Reinhardt van Heerden, ’n sakeman van Centurion. 

Die twee koer omtrent op sosiale media. 

Kaylee het op 18 Oktober ’n foto geplaas van haar en Reinhardt by ’n spoggerige geleentheid waar hulle sy aan sy en glimlaggend vir die kamera kyk. Daarbý het sy die inskrywing gemaak:

“Hierdie man,” met ’n hartjie. 

Sy het kort voor dit ook ’n rits foto’s gedeel waar hulle iewers in die buitelug is en ook ’n klomp foto’s waar hulle iewers by ’n kroeg kuier. 

Zinta Kymdell, Rikus se woordvoerder, het gesê hulle het maande laas kontak met Kaylee gehad en kan nie kommentaar lewer oor haar nuwe verhouding nie. 

Kaylee het toe Huisgenoot haar pols, gesê sy is besig en kan nie nou kommentaar lewer nie.