Die egpaar, van Borghetto Santo Spirito in die noordweste van Italië, was in kwarantyn nadat haar man positief vir die virus getoets het. Hy het Maandag in hul woonstel gesterf.

Die vrou kon weens streng kwarantynregulasies vir twee dae nie haar man se lyk uit die woonstel verwyder kry nie.

Niemand kan naby kom om haar te help of troos nie. Ons hoop dit word vinnig opgelos.

Volgens een van haar bure is die weduwee op haar balkon opgemerk waar sy om hulp gepleit het, maar weens die kwarantynbeperkings kon niemand naby kom om haar te help nie.

“Op die oomblik is die belangrikste ding om aan die vrou te dink, alleen met die lyk van haar man,” het die besorgde persoon gesê.

“Niemand kan naby kom om haar te help of troos nie. Ons hoop dit word vinnig opgelos.”

Volgens CNN het Giancarlo Canepa, die burgemeester van die gebied waarin die vrou woon, die voorval bevestig.

“Ja, dis waar. Sy is nog daar met die lyk en ons sal dit nie voor Woensdagoggend kan verwyder nie. Ongelukkig het ons 'n sekuriteitsprotokol wat ons moet volg.”

Italië het sedertdien die hoogste getal Covid-19-sterftes ter wêreld aangemeld.

Die burgemeester het verder verduidelik die man is dood nadat hy geweier het om in ’n hospitaal opgeneem te word toe hy simptome begin toon het.

“Anders sou dit nie gebeur het nie,” sê hy.

Italië het sedertdien die hoogste getal COVID-19-sterftes ter wêreld aangemeld buite China.

Altesaam 168 sterftes is in die afgelope 24 uur aangemeld, wat die dodetal tot 827 laat styg het.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) is meer as 118 000 gevalle wêreldwyd bevestig, terwyl meer as 4 800 mense dood is en 64 000 ten volle herstel het.

Bronne: dailymail.co.uk, mirror.co.uk, cnn.com, aljazeera.com, WHO

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.