Waarskuwing: Die inhoud van hierdie artikel mag dalk sensitiewe lesers ontstel.

A post shared by Jack Parow (@jackparow) on

Jack (35) het in sy onderskrif by die foto om verskoning gevra vir die “grafiese aard van die foto” voor hy beweer het sy vriend, Dirk Agenbag, het ’n Uber ontbied en toe hy wou inklim, het ’n taxibestuurder “vanaf nêrens gekom en hom drie keer in die gesig gesteek. Dit alles terwyl die Uber-bestuurder niks gedoen het nie, en toe vir Dirk gevra het om uit die kar te klim omdat hy op sy sitplekke bloei.”

“En moenie vir my daai twak vertel van Uber vat hulle werk nie. Dis twak. Dis nog steeds Suid-Afrikaners wat Uber-voertuie bestuur, maar selfs al was dit nie, hoe regverdig dit hierdie gedrag?!”

"Dit is rêrig skokkend, want as dit iemand was wat iets wou steel, sou hy iets probeer steel het. Maar hy is sonder rede aangeval, wat vir my laat dink dit het iets te doen met die onlangse oorlog tussen Uber-bestuurders en taxi-bestuurders," vertel hy aan Huisgenoot. 

Jack het sy kommer uitgespreek oor die oorlog tussen die bestuurders.

"Hierdie is kriminele, bendes, moordenaars. Dit is net so mal om iemand te dreig dat jy hulle gaan seer maak en jy ken hulle nie eers nie. Om iemand in die gesig te steek, net omdat hulle besluit het om ’n Uber te bestel," vertel ’n emosionele Jack.

"Hulle moenie dit aan mense doen nie, want dit is nie net ’n oorlog tussen hulle nie, maar dit betrek nou onskuldige passasiers.

"Dit is verkeerd en onregverdig," vertel hy.