Jacob Zuma se tronkstraf ‘einde van ’n vernietigende era’

akkreditasie
Daar is waarskynlik nie baie mense wat sou glo dat die dag ooit sou aanbreek nie, maar op Dinsdag 29 Junie is Jacob Zuma tronkstraf opgelê.
Oudpresident Jacob Zuma tydens 'n vorige verskynin
Oudpresident Jacob Zuma tydens 'n vorige verskyning by die Zondo-kommissie. Foto: MIKE HUTCHINGS/POOL/AFP/Getty Images

Die konstitusionele hof in Johannesburg het Zuma weens minagting van die hof 15 maande tronkstraf opgelê. 

“Dit is ’n baie betekenisvolle uitspraak en simbolies vir Suid-Afrika as regstaat,” sê die politieke ontleder Theo Venter.

“Die howe het die finale seggenskap, nie sosiale media, optogte of Carl Niehaus nie. Zuma moet binne vyf dae aanmeld, wat moontlik buigsaam toegepas sal word weens sy ouderdom, maar Zuma sal sonder twyfel ’n rukkie in die gevangenis deurbring.”   

“Dit simboliseer die einde van die mees vernietigende era in die Suid-Afrikaanse politiek en ekonomie. Dit sal beslis ook implikasies vir die ANC en die spanning tussen faksies in die party hê.” 

Die uitspraak volg nadat die oudpresident die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping verlede jaar sonder toestemming verlaat het.

Dié kommissie het hom tot die konstitusionele of gewend en gevra dat die oudpresident gedwing word om te verskyn – en toe hy weier om dit te doen het die kommissie 'n aansoek van minagting van die hof gebring.

Die uitspraak en vonnis kom drie maande nadat die hof die aansoek aangehoor het.

Bykomende bron: Netwerk24

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe

Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees