Suid-Afrika se lieflingtenoor Jannie Moolman het rede om breed te glimlag nadat hy die afgelope naweek aan sy blondekop-blouoogmeisie, Melissa-Jo Sharpe, die jawoord gevra het.  

Die foto van die verliefde paartjie, met die verloofring aan Melissa-Jo se hand, is reeds oor die naweek op Facebook gedeel.

Jannie het onlangs die fiksheidprogram wat deur Jacques Visagie van Kaizen Wellness aangebied word, voltooi.

“Hy het baie goed gevaar,” het Dozi oor Jannie se gewigsverlies gesê.

Jannie het reeds sowat 22 kg afgeskud.

“Toe ek laas jaar met die program begin het, het hy baie by my kom kuier. Ek het toe al vir hom gesê hy moet saam kom oefen,” vertel Dozi.

Baie geluk, julle!