“Ek het onlangs gesê daar was ’n tyd in my lewe – 15 of 20 jaar lank – toe die motivering vir die vrouekarakter in elke liewe draaiboek wat ek gelees het, was dat hulle as kind verkrag of mishandel is.

“Selfs met die getal flieks wat ek al gemaak het, het ek nog nooit ’n fliek gemaak oor vroue, gemaak deur vroue en wat deur ’n vrou se oë vertel word nie,” het die Oscar-bekroonde aktrise aan die tydskrif Harper’s Bazaar gesê.

Uitlokkend. Die vervaardiger Martin Scorsese het Jodie die rol van ’n tienerprostituut in Taxi Driver (1976) aangebied. Gallo Images/ AFP

Ironies genoeg was dit nog voor die Harvey Weinstein-skandaal op die lappe gekom het toe talle vroue die rolprentbaas van seksuele teistering en verkragting beskuldig het. Jodie, wat met Harper’s Bazaar se inspirasieprys bekroon is, erken ’n vervaardiger het haar op 14 omgepraat om “my lyf te wys”. Toe sy haar agent daarvan vertel, is hy “na sy kantoor en het hom ’n vuishou in die gesig gegee”.

Silence of the Lambs. Sy het ’n Oscar gekry vir haar rol as ’n FBI-kan­didaat teenoor Anthony Hop­kins in dié riller van 1991. Foto: Gallo Images/ AFP

Sy sê dit was nog altyd haar lewensleuse om betekenisvolle werk te lewer, ook nou as regisseur. Nou wil sy haar lewenslesse met ander deel eerder as om te probeer wys wat in haar steek.