Jaciele Almeida de Lima en Davi
Jaciele Almeida de Lima en haar driejarige seun, Davi Lucas Almeida. Foto: @EGYPTAIR/Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Toe brandbestryders afgekom het op die radiologiestudent en kombuisassistent Jaciele Almeida de Lima (24) en haar driejarige seun, Davi Lucas Almeida, het die emosies hoog geloop.

Die ma en haar kind is dood aangetref terwyl hulle nog in mekaar se arms gelê het. Hulle het in hul slaap gesterf weens ’n gasontploffing in hul woonstel in die vroeë ure van 4 April.

Jaciele sou haar kursus in radiologie oor twee maande voltooi het. Sy het altyd haar seun by maar ma, wat naby die woonstelblok woon, gelos wanneer sy klas geloop en gewerk het.

Die 3-jarige Davi het in sy ma se arms gesterf.
Die 3-jarige Davi het in sy ma se arms gesterf. Foto: @EGYPTAIR/Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Die ontploffing het al 10 woonstelle in die blok in die Brasiliaanse stad João Pessoa geraak. 

Die brandweer meen die ontploffing is deur ’n gaslekkasie veroorsaak. ’n Brandbestryder wat met die plaaslike media gepraat het, het na die woonstelblok se “swak struktuur” verwys. 

Brandbestryders op die tragiese toneel. Foto: @EGY
Brandbestryders op die tragiese toneel. Foto: @EGYPTAIR/Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Volgens die brandweer was Jaciele en Davi, die enigstes wat nie die ontploffing oorleef het nie, erg verbrand.

Nog ses ander mense, onder meer die eienaar van die gebou, is beseer.

Ná die ontploffing is drie van die beseerde inwoners na die hospitaal gehaas om vir verskeie beserings en brandwonde behandel te word.

Die plaaslike owerhede het die oorlewendes tydelike huisvesting gebied nadat hulle hul woonplekke kwyt is.

Die brand is deur ’n gaslekkasie veroorsaak.
Die brand is deur ’n gaslekkasie veroorsaak. Foto: @EGYPTAIR/Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Die owerhede het bekendgemaak die erg beskadigde gebou en vier naburige huise wat beskadig is, sal gesloop word. 

Jaciele is in die ontploffing dood.
Volgens die brandweer was die lyke van die twee oorledenes erg verbrand. Foto: @EGYPTAIR/Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Die polisie ondersoek die eienaar van die gebou. Hulle vermoed hy het nie toestemming gehad om woonstelle in die gebou te verhuur nie.