“Ek het besef die mense in dié gebiede gaan ’n tekort hê aan verskeie basiese goedere. Ek het mense wat ek ken in die bedryf gebel en gevra of hulle sal help om kos daarheen te vlieg. So is Ubuntu Flight gebore,” vertel Goitse. 

Die eerste oproep wat Goitse gemaak het was aan ’n vriend, Felix Gosher, ook ’n vlieënier en sy mede-stigter van Ubuntu Flights. 

Felix (links) en Goitse (regs) het besluit om krag
Felix (links) en Goitse (regs) het besluit om kragte saam te snoer en mense te help. Foto: Verskaf

“Meer as 200 vlieëniers het geregistreer en gesê hulle is bereid om goedere af te vlieg. Net meer as 20 vliegtuie is beskikbaar gestel,” sê Goitse. 

Hy sê binne 24 uur nadat hulle ’n beroep op mense gedoen het om skenkings te maak het hulle R100 000 ingesamel. 

“Ek kan nie anders as om God se hand daarin te sien nie,” vertel Goitse. 

Goitse Diale (22). Foto: Verskaf
Goitse Diale (22). Foto: Verskaf

Tot nou het hulle 12 vlugte na KwaZulu-Natal gehad en meer as 4,5 ton se goedere is afgelaai en onder inwoners versprei.

“Ons het gerespekteerde organisasies genader om aan daardie kant te help met verspreiding van goedere. Hulle weet waar die nood is en hulle het ondervinding met kospakkies uitdeel. Veral doeke, formulemelk en blikkieskos is regtig nodig. Ons het veral op goed vir kinders gefokus,” sê hy. 

Meer as 200 vlieniers het geregistreer om te help
Meer as 200 vlieëniers het geregistreer om te help om goedere na KwaZulu-Natal te vlieg. Foto: Verskaf
Nog 10 vlugte propvol kos en benodighede word bepl
Nog 10 vlugte propvol kos en benodigdhede word beplan. Foto: Verskaf

Ubuntu Flights beplan nog minstens 10 vlugte na KwaZulu-Natal.

“Soveel mense het goed geskenk en dit is werklik ongelooflik om te sien hoe mense hul harte oopmaak, maar ons het 'n effense finansiële uitdaging. Petrol is duur. Ons sou al meer vlugte wou doen,” sê hy. 

Meer as 4.5 ton se goedere is reeds na KwaZulu-Nat
Meer as 4,5 ton se goedere is reeds na KwaZulu-Natal gevlieg. Foto: Verskaf
Meer as 4.5 ton se goedere is reeds na KwaZulu-Nat
Meer as 4,5 ton se goedere is reeds na KwaZulu-Natal gevlieg. Foto: Verskaf
Meer as 4.5 ton se goedere is reeds na KwaZulu-Nat
Meer as 4,5 ton se goedere is reeds na KwaZulu-Natal gevlieg. Foto: Verskaf

Goitse sê hulle hoop om skenkings na van die dorpies te neem wat meer afgeleë is. 

“Plekke soos Howick is uitgelewer en meeste van die ander veldtogte fokus op groot plekke soos Durban. Ons hoop om daardie mense in kleiner plekke ook te help,” sê hy. 

Goitse sê hy en Felix verdien nie eer vir hul onbaatsugtige werk nie. 

Felix Gosher, die mede-stigter van Ubuntu Flight.
Felix Gosher, die mede-stigter van Ubuntu Flight.

“Ek beskou dit as my burgerlike plig om mense te help. Dit sou in ieder geval nie moontlik gewees het as daar nie soveel mense was wat bereid is om tyd, geld en goedere te skenk nie,” sê hy. 

Volg hulle op Instagram vir meer inligting. 

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.