Huldeblyke stroom sedert Sondag vir Amor van der Schyff (25) van Welkom in nadat sy in die intensiewesorgeenheid van die hospitaal gesterf het.

“My liefste nig, vanoggend staan ek op en dink dit is weer my week om Welkom toe te kom, maar die keer nie vir ’n lekker kuiertjie saam met jou om koffie te drink en tot laat met jou en Arno van der Schyff te gesels nie, maar om afskeid van jou te kom neem! Nig, rus sag by Jesus se voete. Ons gaan jou baie mis!” het haar neef, Gerrit Geldenguys, Maandag op Amor se Facebook-blad geskryf.

Huldeblyke stroom in vir Amor van der Schyff. Foto
Huldeblyke stroom in vir Amor van der Schyff. Foto: Facebook

Huisgenoot het vroeër berig Amor, ’n oudstudent aan die Noordwes-universiteit op Potchefstroom, en Arno is Oktober 2019 getroud en het in Welkom in die Vrystaat gebly.

Arno en Amor van der Schyff op hul troudag verlede
Arno en Amor van der Schyff op hul troudag verlede jaar. Foto: Facebook
Arno en Amor van der Schyff op hul troudag verlede
Arno en Amor van der Schyff op hul troudag verlede jaar. Foto: Facebook
Amor van der Schyff op haar troudag verlede jaar.
Amor van der Schyff op haar troudag verlede jaar. Foto: Facebook

Besonderhede om die ongeluk, wat vermoedelik die laaste naweek van Februarie plaasgevind het, is nog onbekend.

Danél Anderson, Amor se geliefde suster, wou ná Amor se afsterwe nie met die media praat nie. Sy wou ook nie dat haar ouers, Freddie en Marisa wat op Riebeeckstad naby Welkom bly, gekontak word nie.

Sy het die afgelope week op haar Facebook-blad vir gebede gepleit en sonder om die hospitaal bekend te maak, vertel Amor lê in die intensiewesorgeenheid.

“Sy het swelling op die brein en breinbloeding asook baie krake op menigte plekke op haar skedel en klomp steke op haar kop. Sy is tans aan ’n asemhalingsmasjien gekoppel en onder verdowing. Hou haar asseblief in julle gebede ons het dit so baie nodig!”

Boodskappe stroom in vir Amor van der Schyff. Foto
Boodskappe stroom in vir Amor van der Schyff. Foto: Facebook
Boodskappe stroom in vir Amor van der Schyff. Foto
Boodskappe stroom in vir Amor van der Schyff. Foto: Facebook

Lindi Geldenhuys, haar niggie, het Sondag op haar blad geskryf: “My hart en my kop baklei! Jy moes hier gewees het! Jou plekkie is leeg en ons harte is stukkend. Rus sag by Jesus, my Nig.”

Amor van der Schyff is beseer toe sy van 'n perd v
Amor van der Schyff is beseer toe sy van 'n perd afgeval het. Foto: Facebook

Ook oudklasmaats is gebroke.

“Ai, Amor. Van die eerste oomblik wat ek jou in my derdejaarklas leer ken het, het jy die wêreld ligter, beter, mooier, vriendeliker en snaakser gemaak. Jy was vir my 'n ligstraaltjie. Ek was so trots dat jy so goed gedoen het met jou honneurs. My hart is stukkend vanaand. Jy is te jonk, en hierdie wêreld maak glad nie vir my sin nie. My innige simpatie aan jou man, vriende en familie,” het Stefani Coetzee het geskryf.

Bianca Haasbroek het geskryf: “Rus sag by Jesus se voete Amor, jy gaan die mooiste Engel wees in die hemel. Jy was baie spesiaal en gaan baie gemis word. So groet ek tot ons weer ontmoet.”

Begrafnisreëlings is nog onbekend.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.