Pieter en sy vrou, Antoinette. Foto: Gallo Images/
Pieter en sy vrou, Antoinette. Foto: Gallo Images/Lubabalo Lesolle

Dit volg nadat Pieter, die broer van die ontslape rugbylegende Joost van der Westhuizen, gehoor het die geregtelike ondersoek deur die polisie het bevind dat hy uit selfverdediging opgetree het toe hy in Julie verlede jaar twee rowers in ’n kerk in Centurion doodgeskiet het.

Hy en sy vrou, Antoinette, het die oggenddiens by die Querencia Bediening bygewoon toe die rowers die kerk binnegestorm en die lidmate van waardevolle items begin beroof het.

Pieter van der Westhuizen het ‘n rower in die paad
Pieter van der Westhuizen het ‘n rower in die paadjie van die kerk noodlottig getref. Die foto is deur 'n kerkganger geneem.

Een van die rowers het ook die leraar, pastoor Kobus Erasmus, met sy vuurwapen teen die kop geslaan en toe die wapen op die gemeente gerig.

In die daaropvolgende skietgeveg is dié rower langs die kansel doodgeskiet en sy makker in die paadjie.

Pieter van der Westhuizen het ‘n rower in die paad
Pieter van der Westhuizen het ‘n rower in die paadjie van die kerk noodlottig getref. Die foto is deur 'n kerkganger geneem.
 Terwyl die polisie-ondersoek aan die gang was, moes Pieter sy wapen waarmee hy die skote afgevuur het, by die polisie inhandig.


Hy vertel hy het Dinsdagoggend ’n geoutomatiseerde SMS-boodskap vanaf die Wierdabrug-polisiekantoor gekry dat die dossier gesluit is en dat hy sy wapen, ’n CZP07-pistool, kan hom afhaal.

Pieter en sy vrou, Antoinette, in die kerk waar di
Pieter en sy vrou, Antoinette, in die kerk waar die rooftog en skietgeveg plaasgevind het. Foto: Gallo Images/Lubabalo Lesolle

“Die emosies wat in daardie stadium deur my kop gegaan het was ’n kombinasie van verbasing en opgewondenheid,” vertel Pieter. Hy het dadelik die polisiekantoor gebel om die SMS te bevestig.

“Nou wag ons maar, maar ek hoop om dit binne die volgende week terug te kry.”

Hy sê al weet jy dat jy reg opgetree het, weet ’n mens steeds nie wat in die ondersoek gaan gebeur nie. “Die afgelope agt maande, tydens die ondersoek, het ek maar altyd gewonder.”

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe