Wat is dan nou lekkerder as ’n romantiese fliek wat op ’n ware liefdesverhaal gegrond is?

Dit was die wenresep van Huisgenoot se eeufeesfliek, Vir die Voëls, wat verlede jaar fliekgangers se hartsnare geroer het. Nou is dit weer sulke tyd, want Huisgenoot se volgende rolprent word nou beplan!

En daarvoor wil ons van jou hoor en weet of jou ware liefdesverhaal al die elemente bevat vir ’n draaiboek wat fliekgangers sal aangryp.

Vir die Voëls was baie gewild onder fliekgangers: Dit is deur sowat 165 000 mense gesien en was die vyfde grootste loketverdiener van alle tye onder Afrikaanse flieks.

Die draaiboek van hierdie lokettreffer is natuurlik gegrond op die liefdesverhaal van Sampie (56) en Irma de Klerk (54) van Newcastle wat daarna volksbesit geword het.

Is jy dalk Suid-Afrika se volgende Sampie en Irma? Dan is dit nou die tyd om dit met ons te deel en die kans te staan dat jou storie ook die silwerdoek sal haal. 

Skryf so in:

Jou besonderse ware liefdesverhaal kan die grondslag vorm van Huisgenoot se tweede romantiese fliek. Boonop is daar ook lekker pryse op die spel. Die fliek sal in samewerking met kykNET vervaardig word met ’n professionele draaiboekskrywer wat verantwoordelik sal wees vir die finale draaiboek.

Vertel jou verhaal in sowat 3 000 woorde en stuur dit aan HGfliek@huisgenoot.com.

Die sluitingsdatum hiervoor is 15 Januarie 2018.

’n Paneel bestaande uit beoordelaars van Huisgenoot en kykNET sal die verhaal met die meeste potensiaal kies. 

Jou verhaal moet aan die volgende vereistes voldoen:

  • Die storie moes werklik met jou gebeur het.
  • Die held en die heldin in die storie moet mekaar vind.
  • Soos in alle verhoudings moet daar konflik tussen die twee wees.
  • Die storie moet ’n gelukkige einde hê.
  • Dit sal ’n bonus wees as daar werklike komiese dinge met julle as paartjie gebeur het.