Die meisie, slegs bekend as Emma, het die lysie op
Die meisie, slegs bekend as Emma, het die lysie op die sosiale media app TikTok gedeel. Skermgreep. Foto: Tiktok/hotgirlsareswifties

Hierdie is net enkele van die reëls wat ’n beheervraat-ma vir haar seun se meisie opgestel het. Die meisie, slegs bekend as Emma, het die lysie in die sosiale media app TikTok gedeel. 

“My kêrel se ma het pas hierdie op Instagram gedeel,” het Emma, van Louisiana in Amerika, geskryf by ’n skermfoto van die reëls.

Onder die reëls was om nie haar seun as ’n OTM te gebruik nie, en die ma het ook genoem indien die reëls verbreek word, weet sy hoe om van haar seun se meisie ontslae te raak. Sy het ook bygevoeg indien sy suggestiewe boodskappe op haar seun se foon vind, sal sy die verhouding summier beëindig. 

“Hy is sy mamma se seuntjie. Tensy jy ’n ring aan jou vinger het, maak jou opinie nie saak nie,” lui een van die reëls.

Onder die reëls was om nie haar seun as ’n geldmas
Onder die reëls was om nie haar seun as ’n geldmasjien te gebruik nie. Skermgreep. Foto: Tiktok/hotgirlsareswifties

Die ma het ’n finale waarskuwing aan Emma gerig: “As jy al hierdie reëls omseil en jou weg na ’n ring op jou vinger konkel, sal ek iets veel ergers as jou kêrel se ma wees – ek sal jou skoonma wees.”

Die inskrywing wat Emma (18) op TikTok gedeel het, het gou versprei en meer as 130 000 mense het daarvan gehou.

Talle gebruikers het die tiener aangeraai om haar kêrel eerder af te sê voor dinge erger raak. 

“Maak nou uit. Dit sal nooit beter raak nie,” het een gewaarsku. 

Nog een het skertsend opgemerk: “Sy gaan beslis wit by julle troue dra.”

BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, HONEY.COM.NINE.AU, MIRROR.CO.UK