Die sewende seisoen van Game of Thrones is klaar en al waaroor mense kan praat is nuwe liefde, monsterbabas – en Tormund Giantsbane se baard.

Die oomblik toe die wildling sy belangstelling in die asemrowende vegter, Brienne of Tarth, getoon het, het kykers omtrent op hol gehad met die moontlikheid dat die ou grompot Tormund eintlik ’n sagte hartjie het.

In die jongste seisoen vertel Tormund vir The Hound oor sy belangstelling in Brienne. “Ek wil ’n baba met haar maak. Dink net daaraan, groot monsters. Hulle sal die wêreld oorheers.”

Die nuus het gelei tot hernude belangstelling in die karakter en aanhangers wonder hoe Tormund, vertolk deur die Noorweegse akteur Kristofer Hivju, sonder sy baard lyk. Maar wie’t ’n verbeelding nodig as Twitter kan help?

Hierdie foto van die 38-jarige akteur van Oslo sonder ’n baard het binne minute soos ’n veldbrand versprei – en dis nie moeilik om te sien hoekom nie!

Hy lyk omtrent soos die onskuld self! Kan hierdie skoongeskeerde heer werklik die rowwejêk wildling wees?

Sommige aanhangers was geskok met die onthulling, terwyl ander die ster se meer afgeronde voorkoms waardeer het.