Geoffrey Tracy (25), oorspronklik van Kanada, het as ’n ontkleedanser in een van Gregory Kanczes (50) se klubs gewerk. Op 14 Augustus vanjaar het hy Gregory in sy woonstel in Manhattan, New York, 16 keer met ’n mes in die nek, bolyf en ribbes gesteek nadat die ouer man hom glo probeer molesteer het.

Geoffrey is enkele ure ná die aanval in hegtenis geneem en het Woensdag in die hof verskyn op aanklagte van poging tot moord en aanranding. Die liggaamsbouer ontken skuld op albei aanklagte en beweer hy was weerloos teen die ouer man.

Greg Kanczes. Foto: Facebook.

Normand la Chance, ’n voormalige vriend van Gregory, glo die hoeveelheid steekwonde dui daarop die persoon wat hom aangeval het, probleme het. Hy glo Geoffrey was onder die invloed van dwelms tydens die aanval.

Geoffrey erken hy het ’n e-sigaret met THC – tetrahidrokannabinol, die aktiewe bestanddeel in dagga – gerook, maar dis onduidelik of hy dit voor of ná die aanval gedoen het. Hy het voorts erken dat hy die kombuismes in ’n vullisblik ’n blok van die woonstel af gegooi het. Die polisie het die bebloede mes gevind.

Maar Geoffrey se verduideliking van die gebeure en hoekom hy die aanval op sy iPhone vasgelê het, het die wenkbroue laat lig.

Toe hy kort ná vyfuur die oggend van 14 Augustus deur die polisie ondervra is, het hy gesê: “Ek is bly ek het dit opgeneem. Ek het dit gedoen ingeval ek hom met die mes moes steek.

“Ek het die mes teen hom gehad, en hy het vir sy vuurwapen gemik. Ek het myself op my iPhone afgeneem waar ek gesê het ek wil hom nie doodmaak nie.”

Gregory het glo ook gedreig om sy WiFi-toegang te staak . . .

Geoffrey moes egter kort daarna erken hy het nie regtig ’n vuurwapen gesien nie. Thomas Kenniff, Geoffrey se regsverteenwoordiger, hou vol hy het Gregory uit selfverdediging aangeval omdat dié gedreig het om hom te skiet omdat hy sy toenadering verwerp het.

Gregory het glo ook gedreig om sy WiFi-toegang te staak . . .

Geoffrey het ’n gekraakte vinger in die onderonsie opgedoen terwyl Gregory in ’n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem is.

Die staat wil 'n pleitooreenkoms met Geoffrey aangaan waarvolgens hy 20 jaar sal tronk toe gaan indien hy skuldig pleit, maar hy wil luidens berigte niks daarvan weet nie.

‘Voorbarige selfies’

Dit was glo Geoffrey se foto’s op Instagram wat hom op Gregory se radar laat beland het.

“Ja, ek neem voorbarige selfies. Maar laat ek verduidelik: liggaamsbou en fiksheid is my passie, sport en stokperdjie. Ek geniet dit om my vordering te deel,” het hy by sy Instagram-plasing die dag voor die aanval gesê.


View this post on Instagram

A quick smile for the panel of judges ??

A post shared by Geoff Tracy (@geoffreytracy) on


Bronne: nydailynews.com, nypost.com, whatsnew2day.com, ontapdigital.com