book-icon Uitgawe 4 Oktober 2018

Kaaltennis net één geraamte in dié skrywer se kas

akkreditasie
Enid Blyton lees in 1952 briewe van aanhangers in haar huis in Buckinghamshire, Engeland.
Enid Blyton lees in 1952 briewe van aanhangers in haar huis in Buckinghamshire, Engeland.

Haar naam laat jou onwillekeurig aan idilliese stories dink waarin kinders sorgeloos speel sonder grootmense wat hul pret bederf. In Enid Blyton se fiktiewe wêreld kon geen probleem nie reggestel word met ’n bord komkommertoebroodjies wat met liters koel gemmerbier afgesluk word nie.

Vyftig jaar ná haar dood is sy steeds ’n literêre fenomeen, maar haar aanhangers sal verstom wees om te hoor die geliefde Britse kinderskrywer het ’n waaghalsige streep weggesteek agter haar beeld van heilsaamheid wat aan die wêreld voorgehou is.

Ontrouheid, verraad, kaal tennis en buite-egtelike verhoudings, onder meer gerugte van ’n lesbiese romanse. Dit klink asof Enid tuis heel anders was as wat ’n mens sou dink van iemand wat geliefde kinderboeke soos The Famous Five, The Magic Faraway Tree en Noddy geskryf het.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees