Die familie se geliefde pitbull, Tyson, wat eindel
Die gesin se pitbull, Tyson, wat eindelik van kant gemaak moes word. Foto: Verskaf

Mariëtte Oberholzer (32) vertel haar drie kinders, A.C. (9), Martin (6) en hul sussie, Chanté (4), sukkel nog om die gebeure van verlede jaar Julie te verwerk toe hul geliefde pitbull, Tyson, hulle een Sondagmiddag skielik aangeval het.

“My twee seuntjies was besig om buite te speel en akkedisse op die muurtjie te vang terwyl ek besig was om vir hulle 'n bad te tap,” vertel Mariëtte.

“Skielik het ek my oudste, A.C., hoor skree: ‘Mamma help! Boetie word doodgebyt!'"

Mariëtte vertel sy het na buite gehardloop en gesien hoe hul hond bo-op klein Martin staan en hom verskeur terwyl hy hulpeloos vir sy ma skree.

Tyson het Martin van die muur afgetrek en met sy pote op die grond neergedruk. 

“Ek skree toe op Tyson en probeer hom wegruk van my kind af, maar hy was te sterk. Ek het hom gesoebat om my kind te los en het geskree ‘Here help my!'

Maar Tyson se byt het onophoudelik in Martin se lyfie ingeskeur en hy het hom oral oor die werf begin trek.

“Ek druk toe my hand in sy mond sodat hy my kind kan los, en hy het. Daar was net bloed oral,” onthou Mariëtte.

“En toe gryp hy na my voete . . .”

Nog beserings aan Martin se bo-bene. Foto: Verskaf
Nog beserings aan Martin se bobene. Foto: Verskaf

Die ma skree toe vir haar oudste om sy boetie te gryp en in die huis in te hardloop van waar hul sussie alles aanskou het. 

Tyson het sy tande dieper in Mariëtte, wat net kouse aangehad het, se voet ingeslaan en haar na 'n kant toe probeer trek. Sy het haar na die kombuis getrek en die hek teen Tyson se bek toegeslaan sodat hy sy greep moes los.

“My voet was stukkend van die bytmerke,” vertel sy, steeds ontsteld elke keer wanneer sy aan daardie dag dink. 

“Martin se bene was vol bytmerke, aan sy heupe en bo-arms. Hy is ook aan sy kop gebyt.”

Diep merke waat die pitbull Martin gegryp het. Fot
Diep merke waar die pitbull Martin gegryp het. Foto: Verskaf

Mariëtte het haar kinders in hul motor gelaai en na haar man, Albert, se werk gehaas waar hy sekuriteitswerk doen en saam met ambulansdienste werk. Hy het hulle hospitaal toe geneem. 

“Ek het nou 'n heeltemal ander kind,” sê Mariëtte.

“Martin se hele lyf is vol merke waar hy gebyt is. Hy kry verskriklik skaam daarvoor as sy maatjies by die skool dit sien. Hy het ook skade aan sy oë opgedoen en sy een oog trek skeel.”

Martin moet gereeld na 'n oogspesialis toe gaan en hy kry sedertdien nagmerries. Daarom het hulle die kinders na 'n berader geneem, vertel Mariëtte. 

Martin (toe 5) het beserings aan sy bene en heupe
Martin (toe 5) het beserings aan sy bene en heupe opgedoen nadat die gesin se pitbull hom aangeval het. Foto: Verskaf

“Verder sukkel Martin nou op skool, waar hy nooit voorheen enige probleme gehad het nie.”

Mariëtte vertel die persoon wat Tyson as 'n babahondjie aan hulle verkoop het, het hom ná die voorval geneem en hy is van kant gemaak. 

"Die kinders was vreeslik hartseer daaroor, maar hulle het ook verstaan dat dit vir die beste sal wees sodat dit nie weer gebeur nie."

Die tweede aanval

In Januarie vanjaar het die familie besluit om na Bellville, Kaapstad, te trek waar hulle nader aan die kinders se grootouers kan wees. 

"Om die kinders te troos het ons twee pekinees-hondjies gekry en hulle Snowy en Chloe genoem."

Maar skaars 'n week gelede het hul nuwe bure se pitbull by die erf uitgehardloop en Snowy deur die heining gegryp en aan die keel gebyt. 

Snowy, die famile se pikanese, wat onlangs deur hu
Snowy, die gesin se pekinees wat onlangs deur hul bure se pitbull aangeval is. Foto: Verskaf

"Gelukkig was die kinders nie by die huis nie en die bure het die lawaai gehoor en kon die hond van Snowy afkry."

Sy vertel Snowy het verskeie bytmerke opgedoen en het ook 'n been gebreek. 

Skaars vier maande na die familie Kaap toe getrek
Skaars vier maande nadat die gesin Kaap toe getrek het, en hul 'n nuwe hond gekry het, is Snowy, hul pekinees, deur 'n pitbull aangeval. Foto: Verskaf

"Ons het besluit om nie vir die kinders te sê dat 'n pitbull vir Snowy aangeval het nie. Dit sal verskriklik sleg wees vir hulle om dit te hoor en te verwerk. Hulle dink 'n kar het haar raakgery," vertel Mariëtte.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe