Emily Sawyer (38), ’n spesialeonderrig-assistentonderwyseres van Londen, Brittanje, het nie veel aan die velpoliep aan haar nek gedink nie. 

Dit was eers toe haar werkkaart se koord daarteen begin skuur en dit begin bloei het dat Emily in September verlede jaar dokter toe is om te hoor of dit verwyder kan word.

Nadat die velpoliep tydens Emily se oorspronklike afspraak verwyder is, was die probleem skynbaar opgelos.

Die velgroeisel is as roetine-voorsorgmaatreël vir toetse gestuur. Vyf dae later is Emily met ’n foonoproep ingelig dit is in werklikheid velkanker en sy het ’n operasie nodig.

In April vanjaar het Emily Mohs-chirurgie – ’n behandeling vir velkanker – aan haar gesig ondergaan om ’n kankerarea te verwyder wat rondom haar neus gevind is. 

vrou met gaat in lip
Emily Sawyer. Foto: : Mediadrumworld.com / @emz_and_th/magazinefeatures.co.za

Vel is van die kankerplek verwyder saam met nog ’n millimeter rondom dit. Dit is herhaal tot die ekstra millimeter as kankervry getoets het.

Die kanker aan Emily se gesig is gevind tydens ’n ondersoek drie maande nadat die oorspronklike velpoliep positief getoets het. Die operasie, wat langer as vier uur geduur het, is onder plaaslike verdowing uitgevoer. 

“Nadat ek die diagnose gekry het, is ek terug na die dokter. Hy moes my hele lyf vir moesies en poliepe deursoek,” sê Emily. 

vrou met gaat in lip
Emily in die hospitaal. Foto: Mediadrumworld.com / @emz_and_th/magazinefeatures.co.za

“Die dokter het ’n klein velkleurige moesie aan my gesig langs my neus opgemerk en ek het vir ’n biopsie gegaan. Dit is as kankeragtig geïdentifiseer, en toe voer hulle die Mohs-chirurgie uit.

“Hulle het die moesie saam met ’n ekstra millimeter om die rand verwyder.

"Ek het die chirurg gevra wat dit kon veroorsaak het en hy het gesê dit was blote teenspoed. Dit was nogal vreemd om deur dit alles wakker te wees, maar die verpleegster het heeltyd met my gesels.

“Die uithaaldeel van die operasie het sowat drie uur geduur. Dit het toe nog ’n uur en ’n half gevat om my weer toe te werk.

“Ná sowat vier en ’n half uur het ek die beste woorde nog gehoor. ‘Geen verdere behandeling nodig nie.’ Die ergste deel was om die operasie alleen deur te maak.

"Ek het beplan om vir die hersteltyd na my ma in Ierland te vlieg, maar het weens die pandemie in Londen gebly. 

vrou met gaat in lip
Emily was geskok toe ek aanvanlik die diagnose gekry het. Foto: Mediadrumworld.com / @emz_and_th/magazinefeatures.co.za

“Dit was taamlik seer vir sowat sewe dae ná die operasie. My lip was geswel en ek het op ysdrankies geleef, want my mond het gebrand. Dit was moeilik om te eet.

“Ek was geskok toe ek aanvanklik die diagnose gekry het – my dokter ook. Dit was ’n baie onwerklike oomblik, want ek het regtig gedink dit was net ’n gewone velpoliep.

“Ek is ’n aktiewe en spontane mens. Ek geniet die gim en sport en my werk hou by beslis op my tone. Ek het nie sonbeddens gebruik nie.

 “Toe ek aanvanklik dokter toe is, het ek gehoor dit was normaal om dit vir ontleding te stuur en daar is niks om my oor te bekommer nie.”

Emily is nou buite gevaar, maar wil graag ander mense aanmoedig om hulle te laat ondersoek as daar enigiets is waaroor hulle besorg is. Proaktief hulp soek is die regte ding om te doen. 

vrou met gaat in lip
Foto: Mediadrumworld.com / @emz_and_th/magazinefeatures.co.za

“Die operasie het my met ’n taamlike groot letsel aan my gesig gelaat, maar dit raak elke week beter. Ek het ’n skewe lip, maar ek is gesond en die kanker is weg. Ek kan met ’n skewe lip saamleef,” sê Emily.

“My velsorg is nou soos ’n militêre operasie. Ek reinig met Caudalie-reinigingsmelk en gebruik dan Superdrug se vitamien E-warmlapreiniger. Ek volg dit op met La Mer-bevogtiger en sonroom met 'n 30-faktor. Ek wend elke paar uur deur die dag weer sonroom aan. 

“Mense stel altyd sulke goed uit en sedert dit met my gebeur het, kry ek baie boodskappe van mense wat sê dit was op hul doenlysie. 

“As my kaartkoord nie my nek geïrriteer het nie, sou ek nie dokter toe gegaan het nie. Laat dit ondersoek as daar enigiets ongewoons aan jou moesies of velpoliepe is.”