Ronel was saam met Hanna Grobler op dié radiostasie om geld in te samel vir Hanna se liefdadigheidsorganisasie, Hanna Charity.

Dit is vir die organisasie se jaarlikse Kersuitreik waar hulle vir 8 000 mense gaan kos gee. Elke kind in die woonbuurte waar die organisasie takke het, kry ook 'n Kersgeskenk. 

Karlien en haar man, Joe Breytenbach, se dogtertjie, Elah, is op 7 Oktober gebore. Sy is twee maande te vroeg gebore, het Ronel vroeër aan Huisgenoot.com gesê.

Elah is sedert haar geboorte in die waakeenheid. 

Verlief in die oortreffende trap van die woord??????????

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Sondag was die eerste keer dat die driejarige tweeling, Daniel en Eliah, hul sussie gesien het.

"Dit gaan ontsettend goed met Elah," het Ronel gesê.

"Ons hou duim vas dat sy een van die dae kan huis toe gaan."