Annalize Viljoen en haar vriend, Henry Pieters, was Sondag op die R21 naby Glen Marais aan die Oosrand in ’n botsing betrokke. 

Die besonderhede van die ongeluk is steeds onduidelik. Henry is per helikopter na die hospitaal gebring terwyl Annalize per ambulans vervoer is.

Ettienne Pel, Annalize se stiefpa, sê Annalize is kritiek, maar in ’n stabiele toestand. 

“In hierdie stadium kan ons nie meer besonderhede gee nie. Al wat ons kan sê is dat sy baklei, en ons hoop op beterskap.” 

Annalize het bloeding op die brein. Sy het haar enkel en been gebreek en haar longe het platgeval. Sy is tans aan ’n ventilator in die Tembisa-hospitaal gekoppel. 

Henry is Maandagmiddag in die Netcare Alberton-hospitaal oorlede. 

Annalize veg verbete in die hospitaal terwyl Henry
Annalize veg verbete in die hospitaal terwyl Henry aan sy wonde beswyk het. Foto: Facebook

“Ons gaan vanaand ’n biduur hou vir Annalize en vir Henry wat sy lewe verloor het,” sê Ettienne. 

Volgens Ettienne was Henry ’n baie kranige motorfietsryer. 

Eks al droog gehuil. Rus sag en wees nou rustig. Wat jy laaste gedoen het is wat jy geniet het. R.I.P Henry Pieters, eks lief vir jou my kroon.

Posted by Marius Swart on Monday, 8 March 2021

“Ons almal is mal oor motorfietsry en behoort aan verskeie klubs. Ons is steeds nie seker wat presies gebeur het nie.”

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe