Dit het met 'n ma van die stad Ufa in die Russiese provinsie Bashkortostan gebeur. En die hele voorval is verfilm en op die sosiale netwerk VK gedeel.

Die ma en haar driejarige dogter het op die sypaadjie buite hul huis gestap.

Volgens die nuuswebtuiste Life het die ma nie aanvanklik gesien haar dogter val in die mangat nie tot 'n ooggetuie tot haar redding gekom het.

Dit is die oomblik toe ’n dogtertjie op ’n sypaadj
Dit is die oomblik toe ’n dogtertjie op ’n sypaadjie buite haar huis geloop, op ’n mangatdeksel getrap en in ’n rioolgat geval het. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

In die video stap die meisie op die rand van die sypaadjie terwyl haar ma toekyk. Net toe die ma wegdraai, trap die kind op die mangatdeksel en val in 'n rioolgat.

Twee ander voetgangers was by toe die mangatdeksel oopgeswaai het.

Die ma besef dan wat gebeur het, en hou die mangatdeksel vas terwyl een van die omstanders die kind uit die rioolgat lig. 
Dit lyk of die dogtertjie ongedeerd van die ongelu
Dit lyk of die dogtertjie ongedeerd van die ongeluk afgekom. Foto: Newsflash/Magazinefeatures

Dit lyk of die meisietjie ongedeerd is toe die ma ondersoek instel en die behulpsame omstander met hulle gesels. Plaaslike owerhede het ná die voorval in ’n verklaring bevestig dit word ondersoek.

Net toe die ma wegdraai, trap die kind op die mang
Net toe die ma wegdraai, trap die kind op die mangatdeksel en dit swaai op voor twee voetgangers. Foto: Newsflash/Magazinefeatures

Rusland se ondersoekende komitee het gesê die meisie het op ’n trap binne die rioolgat geland en nie tot op die bodem van die rioolgat geval nie; daarom het sy net geskrik en geen beserings opgedoen nie.