Klein Rose Debling is net 18 maande oud en was glad nie seker oor pappa se nuwe voorkoms nie.

Haar ouers, Steve (32) en Kim (34) van Basingstoke, Hampshire, het haar reaksie op film vasgelê nadat Steve hom skoongeskeer het voor hy in Januarie 2018 teruggekeer het werk toe.

Sy was omtrent verwar toe sy haar pa sonder baard gewaar. Foto: Magazine Features

Kim, ’n voormalige lugverkeersbeampte in die Britse koninklike lugmag, het gesê: “Ek het gedink sy sal dalk so reageer, maar die reaksie was baie sterker. Ek het nogal sleg gevoel.

“Sy was vir omtrent ’n uur lank so, en daarna was sy heeltemal oukei.

Na sowat een uur was alles terug na normaal. Foto: Magazine Features

“Ek dink sy het geweet dis hy, maar het geweet iets is fout. Jy kan sien hoe sy aan sy gesig probeer raak.”

Kim ondergaan tans behandeling vir fase vier kanker en maak YouTube-video’s by die huis.

Klein Rose Debling Foto: Magazine Features

“Steve moet skoongeskeer wees vir werk, maar ek is mal daaroor as hy ’n baard groei, en daarom dring ek altyd aan dat hy een groei as hy met verlof is.

“Hy het ouerskapsverlof vir Rose gevat en ’n ongelooflike welige baard gegroei.”