Aimée Janse van Rensburg (12), 'n gr. 6-leerder aan die Laerskool La Hoff is Dinsdag oorlede.

Rilanka Nieuwoudt (12) se ouer boetie, Hernus Nieuwoudt, ’n gr. 10-leerder aan die Hoërskool Klerksdorp, is Sondagaand oorlede nadat hy ernstige breinbeserings tydens die ongeluk opgedoen het

Aimée was Vrydagaand saam met Hernus, sy ma, Annelize, Hernus se tweelingsussie, Helouise, sy vriend Marchand Nel, Rilanka en nog 'n maatjie, Lenike de Beer, op pad terug van die Matlosana-winkelsentrum in Klerksdorp toe Annelize se motor en ’n vragmotor op die N12 gebots het. 

Aimée Janse van Rensburg het Dinsdag gesterf. Foto Facebook

Hulle het gaan uiteet om Rilanka se 12de verjaarsdag te vier.

Lt.kol. Amanda Funani, provinsiale woordvoerder in Noordwes, het Maandag aan Huisgenoot bevestig ’n seun is Sondagaand oorlede. 

Dié seun, Hernus, het aan sy beserings beswyk.

Die kinders is onderskeidelik in die Wilmed Park- en Life Anncron-hospitaal opgeneem. 

"Dit gaan goed met die meeste van die kinders. Rilanka is self nog in die waakeenheid, maar sy is buite gevaar," het Smith gesê. 

Die laerskool het Saterdag twee inskrywings op hul Facebookblad oor die ongeluk gedeel. Dié inskrywings het skokgolwe deur die dorp gestuur en mense van oor die land heen het hul medelye en gebede gedeel. 

In die inskrywings is meer besonderhede oor die ongeluk gedeel en daar is ernstig versoek dat mense vir die kinders bid.

Die eerste inskrywing, wat die oggend geplaas is, lees:

Die tweede inskrywing, wat Saterdagaand geplaas is, lees:

Funani het bevestig die ongeluk het by ’n verkeerslig langs die winkelsentrum plaasgevind. 

"In dié stadium lyk dit of die lig groen was vir die motor waarin die kinders was en dat die vragmotor teen dié motor gebots het. Daar was ses mense in die motor."

Sy het bevestig ’n saak van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek, maar dat ’n saak van strafbare manslag geopen sal word sodra die dossier van die aanklaer terugkom.