Sy het ontken die baba was siek toe sy hom skool toe geneem het.

“Ek word gekruisig. Mense sê ek is ’n slegte ma wat ’n siek kind skool toe gevat het, maar hy was nie siek nie,” het die vrou, wat nie haar naam genoem wil hê nie, aan Huisgenoot gesê.

Kapt. Nomsa Sekele, ’n polisiewoordvoerder, het aanvanklik by navraag aan Huisgenoot gesê die kind was vermoedelik siek toe hy die oggend by die skool afgelaai is, maar het later gesê dit was klaarblyklik nie die geval nie.

Volgens Nomsa wag die polisie nog op die uitslag van die nadoodse ondersoek.

Jan Rabie, die oupa van die baba, vertel hy het die baba die Sondag- en Maandagaand voor sy dood gesien. “Hy het niks makeer nie,” sê hy. 

Die eienares van dié dagsorgsentrum, The Cow Jump Over The Moon, het herhaaldelik aan Huisgenoot gesê sy wil nie kommentaar lewer oor die voorval nie.