Vreesbevange inwoners van die eilandstaat het begin om die lateksvoorbehoedmiddels oor hulle vingers te trek wanneer hulle hysbaknoppies druk en aan oppervlaktes raak.

Die uitbraak van COVID-19 in die streek het die eerste minister, Lee Hsien, genoop om op 9 Februasie ’n vooraf opgeneemde nege minute lange boodskap, uit te saai.

Tussen verslae van lang toue by supermarkte en die paniekaankope van goedere, het hy aan die inwoners gesê “Vrees kan meer skade doen as die virus self”.

kondome
Volgens berigte in die plaaslike media is kondome die een produk wat van die rakke af gevlieg het. Foto: Asiawire/Magazinefeatures.co.za

Luidens mediaberigte het inwoners noodsaaklike kruideniersware – soos rys en toiletpapier – gekoop. Die president het egter die mense verseker dat daar meer as genoeg voorraad op die eiland is.

Volgens berigte in die plaaslike  media is kondome die een produk wat van die rakke af gevlieg het. 

Berigte lui dat voorrade toenemend uitverkoop in supermarkte en apteke.

kondome
Foto: Asiawire/Magazinefeatures.co.za

Dis egter nie omdat die inwoners – soos sommige sal dink – in ’n hedonistiese orgie verval het nie. Trouens, die kondome word  blykbaar gebruik om hysbakknoppies te druk en om deure oop te maak.

Mense van Singapoer is glo so bang dat hulle die virus sal kry dat hulle begin het om hul hele vinger met kondome te bedek voordat hulle aan oppervlaktes raak.