Die gelukkige ouers met hul nuweling.
Die gelukkige ouers met hul nuweling. Foto: @egyptair/Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Kultumah Mohammed (27), van Tsjad, was op 6 April aan boord van die EgyptAir-vlug MS 886 toe sy in kraam gegaan het.

Die vliegtuig was op pad van die Tsjadiese hoofstad, N'Djamena, na die Egiptiese hoofstad, Kaïro, onderweg.

Kultumah se kraamproses was al te ver gevorder en kon nie wag tot die vliegtuig land nie.

Die vliegtuig is na die Egiptiese stad Aswan, 800 km van Kaïro, herlei waar dit 'n noodlanding moes doen, het plaaslike media berig.


Laila Mohamed met die baba.
Laila Mohamed met die pasgebore baba. Foto: @egyptair/Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Kultumah se seuntjie, Abdel Rahman, is veilig in die lewe gebring danksy 'n mediese student wat aan boord van die vliegtuig was.

Luidens 'n verklaring wat op 7 April deur EgyptAir uitgereik is, was die geboorte veilig aan boord van die vliegtuig danksy die hulp van ’n mediese student, die kajuitpersoneel en die vlieënier se optrede.

Die student, Laila Mohamed Abou Bakr, studeer medies aan die Kasr Al-Ainy- mediese skool aan die Universiteit van Kaïro. 

Laila Mohamed het toegesien dat Kultumah veilig die lewe skenk voor sy en haar pasgebore seuntjie na ’n hospitaal in Aswan geneem is vir nageboortelike sorg.

Die baba is veilig in die wêreld gebring danksy di
Die baba is veilig in die wêreld gebring danksy die hulp van ’n mediese student. Foto: @egyptair/Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Die vliegtuig het toe met die oorblywende passasiers na Kaïro opgestyg. Daar is berig klein Abdel is gebore terwyl die vliegtuig oor Soedan gevlieg het.