book-icon Uitgawe 24 Mei 2018

Krokodil ruk haar arm af – toe trou sy in hospitaal!

akkreditasie
Zanele Ndlovu op haar troudag.
Zanele Ndlovu op haar troudag.

HAAR droomtroue was haarfyn beplan: die volmaakte rok wat haar soos ’n sprokiesbruid sou laat voel, die perfekte dekor en ’n uitgesoekte trouplek vir lekker kuier. Niks sou keer dat die voormalige beroepstennisspeler Zanele Ndlovu (25) met die man van haar drome trou nie – nie eens die amputasie van haar arm vyf dae voor die groot dag nie.

Die pragtige vrou van Zimbabwe en haar Britse bruidegom, Jamie Fox (27), het nuwe betekenis gegee aan die troubelofte “in lief en leed” toe die paartjie afhaak met wat oor is van die stralende bruid se regterarm in verbande.

Al wat anders was as wat Zanele voor die troue beplan het, was die troulokaal: Pleks van die sportklub wat sy vir die groot dag gekies het, is die seremonie in ’n hospitaalkapel gehou.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees