Cecilia Steyn (37), Zak Valentine (33), Marinda Steyn (51), haar seun Le Roux Steyn (22) en dogter Marcel (20) het Maandagoggend in dié hof op 32 aanklagte van onder meer moord, roof met verswarende omstandighede, diefstal, bedrog, intimidasie en rampokkery verskyn.

Regter Ratha Mokgoatlheng het die saak tot 2 Mei uitgestel omdat twee van die beskuldigdes pleitooreenkomste met die staat wil aangaan. Die name van dié twee is nie bekendgemaak nie.

Cecilia Steyn (37), Zak Valentine (33), Marinda Steyn (51), haar seun Le Roux Steyn (22) en dogter Marcel (20) het vanoggend in dié hof op 32 aanklagte van onder meer moord, roof met verswarende omstandighede, diefstal, bedrog, intimidasie en rampokkery verskyn. Foto: Marizka Coetzer

John Barnard (42), 'n ander beskuldige, is reeds op 14 Desember 2016 effektief 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy op altesaam 13 aanklagtes van onder meer moord en roof met verswarende omstandighede skuld beken het. 

Hy sal ’n staatsgetuie wees tydens die verhoor van sy medebeskuldigdes. 

Bloedspoor van moorde: 

Julie 2012: Natacha Burger (33) en Joyce Bonzaaier (68) word in Centurion doodgesteek. 

Augustus 2012:  Die pastoor Reg Bendixen word doodgesteek. 

Oktober 2012: Mikeila Valentine (25) word doodgesteek in haar slaapkamer in haar en Zak se meenthuis in Honeydew gevind. 

November 2015: Die Meyer-egpaar van Krugersdorp, Peter en Joan, word doodgesteek in hul sitkamer aangetref. 

Desember 2015: Die verkoolde lyk van Jarod Jackson, ’n straatsmous, word in ’n wrak in Petrus Steyn gevind. 

Januarie 2016: Glen McGregor (57), ’n rekeningkundige van Krugersdorp, word op sy hoewe in Randfontein doodgeskiet. 

10 Mei: Die lyk van Anthony Scholefield (64), ’n versekeringsmakelaar van Krugersdorp, word in sy voertuig se kattebak op die dorp gevind. 

26 Mei: Die lyk van Kevin McAlpine (29), ’n versekeringsmakelaar van Krugersdorp, word in sy voertuig se kattebak op die dorp gevind.

31 Mei: Die lyk van Hanlie Lategan (52), eiendomsagent van Krugersdorp, word langs ’n stroom in Randfontein gevind. 

Die saak is tot volgende maand uitgestel. Foto: Marizka Coetzer

Arrestasies het so gevolg:

Twee jong mans, Christiaan Kruger en Fabian Luff, is aan die begin van Junie 2016 in verband met die moord gearresteer. Albei is later in September 2016 vrygespreek en vrygelaat.

Junie 2016: Le Roux en Marcel Steyn is in verband met die afspraak-moorde gearresteer. 

Julie 2016: Zak Valentine word aangekeer en daarvan aangekla dat hy sy eie dood versin het. 

Augustus 2016: Cecilia Steyn en Marinda Steyn word vir bedrog in verband met Zak se “dood” en die sameswering van die moord op Jarrod Jackson, ’n straatsmous gearresteer. Marinda word ook met die dood van Glen McGregor verbind. 

Augustus 2016: John Barnard word in verband met die moord op Glen McGregor gearresteer.