Hy was net 10 jaar oud toe hy destyds plegtig by die graf van sy 12-jarige boetie belowe het: “Eendag gaan ek jou moordenaar vang.” Die jaar was 1978, en die wrede moorde op Kosie Breedt (12) en sy maatjie Johan Lubbe (11) het die land geruk.

Hul ontbindende lyke is agt dae ná hul raaiselagtige verdwyning deur die polisie tussen wilgerbome en kosmosblomme in die Johannesburgse woonbuurt Windsor Park gekry.

Die belofte wat hy in April daardie jaar op Kosie se begrafnis aan sy vermoorde ouboet gemaak het, het Chris Breedt (53) in die dekades daarna nooit vergeet nie.

Dit het hom ook gedryf om ’n ondersoeker te word wat soortgelyke sake probeer uit pluis om geregtigheid te laat geskied vir die slagoffers van wrede misdade – slagoffers soos sy geliefde boetie.

Kosie (links) en Chris (regs) het elke Saterdag gaan fliek. Foto: Verskaf
Johan Lubbe is ook saam met Kosie vermoor. Foto: V
Johan Lubbe is ook saam met Kosie vermoor. Foto: Verskaf
Chris het self nie gedink hy gaan die moorde oplos
Chris het self nie gedink hy gaan die moorde oplos nie. Foto: Gallo Images/Luba Lesolle

As privaat speurder het Chris al aan opspraakwekkende sake soos die moord op die Johannesburgse student Leigh Matthews gewerk. Maar vandag, ná 42 jaar, kan hy eindelik die belangrikste ondersoek van sy lewe afsluit.

In sy kantoor in Krugersdorp se Cradlestone-winkelsentrum lê vergeelde koerantknipsels en ander dokumente uit Kosie en sy maatjie se moorddossier oor sy lessenaar versprei. Chris tik met sy wysvinger op ’n naam op ’n dokument vol handgeskrewe aantekenings: “Ek glo hy het Kosie vermoor.”

Die wrede ironie is dat die polisie destyds glo dié man, wie se naam aan Huisgenoot bekend is, oor die twee seuns se moorde ondervra het. Maar hulle het hom glo laat gaan. En hoewel nou beweer word hy is dalk die moordenaar nadat Kosie-hulle se saak danksy Chris amptelik in 2017 heropen is, sal hy nooit voor die hof gebring kan word nie.

Hy is in 2003 in die ouderdom van 68 in Kaapstad oorlede kort nadat hy’n vonnis in die Pollsmoor-gevangenis vir die onsedelike aanranding van ’n ander minderjarige seun uitgedien het. Chris skud sy kop en wys afskrifte van die man se misdaadrekord: die een ná die ander skuldigbevinding weens die onsedelike aanranding van minderjariges.

‘Dit het dekades geneem, maar hier is ons nou. Die saak is gesluit. Ek self het nie regtig gedink ek gaan slaag nie’

“Dié bliksem se eerste oortredingwas toe hy 18 jaar oud was. Hy het ’n kind onder agt gemolesteer. En dié is net die oortredings waarvan ons weet.”

Destyds is Kosie en Johan se lyke sowat 2 km van ’n familielid van die man se huis gevind. En tydens sy aanvanklike ondervraging het hy erken hy het Kosie geken. Tog kon die polisie nie genoeg bewyse teen hom inwin nie. Maar Chris het die saak nooit laat gaannie . . . “Dit het dekades geneem, maar hier is ons nou. Die saak is gesluit. Ek self het nie regtig gedink ek gaan slaag nie. Die Brixton-moord-en-roof eenheid het destyds die saak ondersoek,” sê Chris. “Ek weet nie hoe hulle dit misgekyk het nie.”

Hy sal dalk nooit antwoorde kry op sy vrae oor die wrede moord op sy broer nie, maar hy is tevrede dat hy nou ten minste oortuig is hy het die moordenaar gevind, nes hy 42 jaar gelede vir Kosie belowe het.

JOHANNESBURG, SOUTDie twee boeties was baie na aan
Die twee boeties was baie na aan mekaar. Foto: Verskaf

Die boeties se hegte band is deur hul moeilike kinderjare gesmee, vertel Chris vandag hier in die kantoor van sy speuronderneming, SSI Investigations, wat hy in 1995 begin het. “Saam met Kosie was ons vier kinders. Ek is die jongste en het twee ouer sussies. Maar vandat ek ses maande oud was tot net voor my sesde verjaardag het ons almal in die kinderhuis gebly.”

Hy wil nie uitbrei oor hoekom hulle indie kinderhuis was nie. Maar ná sy sesde verjaardag het al vier kinders weer by hul biologiese pa en stiefma in ’n woonstel in Hillbrow gaan bly. Ook daar was dinge nie maklik nie.

“Hulle was nie slegte mense nie, maar drank was altyd ’n probleem,” vertel Chris. “Ons was nie arm nie. My stiefma het ek en Kosie gaan fliek. Ons het rof met mekaar gespeel. Ons was albei boksers; om in die strate en by die skool te fight was maar deel van ’n mens se lewe toe . . . Maar hy was ’n gelukkige seun.”

Op 3 April 1978 het die familie se lewe soos handomkeer verander. Kosie en sy maatjie Johan, albei van die Laerskool Joubertpark in Hillbrow, het vir die skoolgaan geld insamel en spoorloos verdwyn.

Chris vryf met sy hand oor sy gesig.

Hy onthou niks van die dag toe die lyke in Windsor Park, sowat 13 km van Hillbrow, gekry is nie. “Die enigste ding wat ek duidelik onthou, is hoe ek meer as een keer gesê het ek gaan die moordenaars vang en dat ek ’n polisieman gaan word,” sê hy. Ná Kosie se dood was dinge nog erger tuis.

‘My ma, pa en so vermoor?’ stiefma moes hul lyke uitken. ’n Mens sien nie so iets en is ooit weer fine ná die tyd nie’

In die maande ná Kosie en Johan sedood het Chris se huislike omstandighede verswak. Sy twee ouer sussies het uit die huis getrek en hy het probeer om so min moontlik tuis te wees. Hy het ná skool in kafees en saans in fliekteaters gewerk – enigiets om nie tuis te wees nie.

“Daai was rowwe jare. Ek het ook vroeg begin drink, maar tog was ek nie met verkeerde goed deurmekaar nie. Nadat ek gematrikuleer het, het ek vyf jaar vir militêre intelligensiegewerk, my opleiding in Israel ontvang en toe my speursaak oopgemaak.”

Dit was maar nog altyd die lewe wat hy geken het – om sake te ondersoek en agter die kap van die byl te kom. “Ons spesialiseer in kriminele sake. Ons word gewoonlik deur geliefdes genader.”

In 1997 is Chris na Johannesburg se Brixton-polisiekantoor om sy broer se moorddossier te soek. Hy kon toe niks kry nie en het dit vir eers laat vaar. Ander sake, soos die Leigh Matthews-moord in 2004, het sy aandag geverg.

“Maar in 2014 was daar ’n keerpunt. Ek was in ’n ernstige motorongeluk en my rugmurg is beseer. Ek moes weer leer loop. Ek drink vandag nog pynpille.”

Hy het besef hy kon gesterf het toe die bakkie gerol het – sonder dat hy sy belofte daar by Kosiese graf nagekom het. En hy het besluit: Nou gaan hy die antwoorde soek oor wie vir Kosie en Johan se wrede einde verantwoordelik was. In November 2014 is hy na die Randburg-polisiekantoor, in wie se verantwoordelikheidsgebied die moordtoneel is.

“Ek is na die docket-kantoor toe. Toe ek vir die vrou daar vertel wat ek soek, het ek myself reggemaak dat sy lank sal moet soek en dit heel moontlik nie gaan vind nie. Maar dit was nie twee minute nie, toe kry sy ’n leertjie en haal ’n docket van’n rak af. En ek lees: ‘Moord op twee witseuns, Hillbrow.’ ”Chris skud sy kop in ongeloof.

“Amper 40 jaar later. Ek het ’n paar minute lank net na die ding gestaar. Hy was toegebind en die stof het so dik gelê,” wys hy met sy duim en wysvinger. “Toe ek hom oopmaak, het ek verbete notas geneem.”

In die daaropvolgende weke is hy weer terug om nog notas te neem. Hy het twee verdagtes gehad. Oor die volgende drie jaar het hy tussen sake vir kliënte aan sy eie ondersoek oor Kosie-hulle gewerk.

“Ek het self aanvanklik gedink ek gaan nie ver kom nie. Geliefdes en vriende het gewens ek los die ding eerder uit; hulle kon nie verstaan waarom ek dit nou ondersoek nie.” Maar hy is soos ’n “Jack Russell wat nie los nie”, vertel Chris.

“Ooggetuies het Johan en Kosie voor hul verdwyning saam met twee ooms buite die Jakaranda-hotel in Hillbrow sien praat. Die hotel was 2 km van ons woonstel af. Kosie is ook gesien waar hy in ’n parkie met ’n man sit en praat het. Die man is geïdentifiseer en hy isdestyds deur die polisie ingeroep vir ondervraging,” beweer Chris. Hoe meer hy oor dié verdagte uitgevind het, hoe meer was hy daarvan oortuig dis die man wat hy soek.

“Ek is na die polisie toe met my bewyse. Hulle het ook eers gedink ek’s mal, maar toe hulle my bewyse sien en my agtergrond hoor, het hulle geluister.”

In 2017 het lt.kol. Mike van Aardt, wat ook die ondersoekbeampte in die Oscar Pistorius-moordverhoor was, die saak toe weer amptelik begin ondersoek. “Wat ons ge-floor het, is dat die polisiedie man ingebring het vir ondervraging. Die man was van oorsee en het met ’n ligblou motor gery.

Ooggetuies het ’n soortgelyke kar verskeie kere op die toneel gesien waar die seuns se lyke gekry is, én hy het destyds in die Jakaranda-hotel gewoon,” beweer Chris.

Dié man het glo aan die polisie erken hy ken Kosie, maar gesê sy motor is gesteel. “ Lt.kol. Van Aardt kon selfs Kosie enJohan se bebloede klere by forensies opspoor. Kan jy glo? Maar die enigste DNS wat ons kon kry, was die seuns se eie,” vertel Chris.

Die man het glo ook soms in sy susterse agterplaas gewoon, sowat 2 km van waar die seuns se lyke gekry is. Die suster, nou bejaard, sê sy het niks geweet van die moorde of haar oorlede broer se beweerde betrokkenheid nie.

“Ek en Mike is oortuig daarvan dié man het die moorde gepleeg. Maar daar is ’n kans dat hy hulp gehad het van nog’n man,” sê Chris. “Johan en Kosie was fighters. Hoe het een man hulle albei so vermoor?” vra hy.

Hul tweede verdagte het ook in Hillbrow gewoon. “Die tweede man was bad news. Hy is al aan moord skuldig bevind,” beweer Chris. Chris beweer die tweede man se vrou het hom glo eenkeer ’n suggestiewe, seksueleopmerking oor jong seuns hoor maak. “Sy is polisie toe daaroor, maar ons weet nie of hy ondervra is nie. Dié man het oorkant ons skool gewoon. Miskien was hy ook betrokke?” vra Chris en trek weer sy skouers op.

Dié man is ook al dood. En weer is daar geen manier om al die vrae te beantwoord nie.

‘Johan en Kosie was fighters. Hoe het een man hulle albei vermoor?'

Die wilgersbome waar Kosie en Johan se lyke gevind
Die wilgersbome waar Kosie en Johan se lyke gevind is staan steed. Foto: Verskaf
Die woonstel waar die Breedt gesin gewoon het voor
Die woonstel waar die Breedt gesin gewoon het voor Kosie vermoor is. Foto: Verskaf

Die saak van Kosie en Johan is nou amptelik deur die polisie gesluit. Omdat die twee verdagtes dood is, kan hulle nie verder ondersoek of aangekla word nie.

Het Chris berusting dat hy sy belofte aan sy broer nagekom het?

Hy skuifel in sy stoel rond. “Nee, ek glo nie. Wens ek ek het dit vroeër opgelos? Ja. Ek kon ander kinders beskerm het. Daai een man het tot op sy oudag kinders gemolesteer. Maar ek sien God se hand hierin. As ek vroeër uitgevind het, sou ek hulle vrek gemaak het,” sê hy sonder om te blik ofbloos.

"Miskien het dit (Kosie se dood) ’n kwaai letsel gelaat. Ek weet nie. Maar ek het destyds al besluit om nie kinders van my eie te hê nie.” Meer wil hy nie daaroor sê nie.

En is hy nou klaar met die saak? Weer sug hy. “Daar is vroeër moorde gepleeg wat presies dieselfde modus operandi het as dié. Miskien kom daar nog inligting na vore.”

Sy stem word weer hartseer. “Weet jy, die wilgerbome waar Kosie en Johan gekry is, staan steeds daar. Daar is ’n parkeerterrein rondom hulle gebou, maar daai bome is daar. Ek het nou die dag weer gaan kyk.”

Want al het meer as vier dekades verloop sedert die moord op sy broer, sal speurder Chris nooit kan afstand doen van die gebeure wat hom laat belowe het hy sal aanhou soek na antwoorde nie.