Ekonoom Dawie Roodt. Foto: Facebook
Ekonoom Dawie Roodt. Foto: Facebook

“Ons gaan nie dadelik die knock on effek voel nie. Dalk eers oor twee jaar vir die effek om deur te syfer,” meen ekonoom, Dawie Roodt.

“Voor lockdown was daar dalings in die petrolprys, wat ons ook nie dadelik aan ons sakke gaan voel nie,” voeg hy by.

Drank en brood sal ook nie sommer dadelik duurder word nie.

Inteendeel, die pryse van goedere op die rakke in hierdie tyd van inperking sal nie verhoog kan word nie, want verbuikers sal dit nie kan koop nie, vertel Dawie verder.

Inflasie is laer, omdat daar minder mense is wat koop.

“Die styging in petrol is nie onverwags nie,” sê die Automobile Association (AA) in ’n verklaring. En voeg by: “Suid-Afrikaners moet onthou dat die petrolprys op die oomblik om en by R4 per liter laer is as wat dit was voor die COVID-19-krisis.”

Photo Taken In Aachen, Germany
Petrolpryse styg weer. Foto: Getty Images

Die rand het ook in Mei versterk, wat help dat die impak van die styging in die petrolprys nie so erg gaan wees nie, voeg die AA by.

Intussen het Eskom in ’n verklaring gesê hulle beplan nie dat daar in die voorsiebare toekoms enige beurtkrag gaan wees nie. Die ligte bly hopelik die winter aan, maar Eskom-grootbaas, Bheki Nxumalo, voeg by: “Die moontlikheid van beurtkrag kan nie heeltemal uitgesluit word nie.”