Maar moet dit dit noodwendig die hartseer lot van jou duur, wit trourok wees waaraan jy so lank beplan en waarvoor jy so lank gespaar het?

Beslis nie! So meen Dawn Winfield-Hunt van die Isle of Wight, 'n eiland aan die suidkus van Engeland, wat vroeër dié maand getrou het.

Sedert haar troudag met haar man, Steve, het Dawn haar spierwit trourok nog elke dag gedra. 

bruid,trourok
Dawn se rok het sowat R28 000 gekos. Foto: Magazine Features

Die 54-jarige bruid het reeds in haar trourok kos gemaak, huis skoongemaak en kruideniersware gaan koop. 

“Gewoonlik kry jy net een kans om jou rok aan te trek en daarna vergeet jy daarvan. Maar ek het so baie van my rok gehou dat ek besluit het om dit die volgende dag na 'n braai saam met ons vriende toe te dra – almal was mal daaroor!” het sy gesê.

bruid,trourok
Foto: Magazine Features

“Hierdie rok gaan veel meer herinnerings hê as 'n gewone trourok wat net een keer gedra word.”

Dawn se rok, wat sowat R28 000 gekos het, het reeds heelwat meer plekke gesien as net die binnekant van 'n kerk. 

trourok,bruid
Dawn vertel sy wil die rok soveel moontlik dra tot volgende jaar met haar eerste huweliksherdenking. Foto: Magazine Features

Sy het die rok al na 'n kroeg gedra, 'n musiekfees en selfs terwyl sy SUP (stand up paddling) doen.

Maar dit is net die begin.

Dawn het 'n lys opgestel van alles wat sy nog in haar trourok wil doen. Sy vertel sy wil die rok soveel as moontlik dra tot volgende jaar met haar eerste huweliksherdenking.

 “Teen daardie tyd sal dit seker vol wynvlekke en seegras wees, en lankal nie meer so wit nie. Maar ek gee nie om nie.”

bruid,trourok
Dawn het in Augustus getrou, maar weier om haar trourok weg te pak. Foto: Magazine Features

Dawn het die rok al twee maal in die bad gewas en beplan om binnekort daarin te gaan kayak.

 En natuurlik trek haar rok baie aandag. 

“Die meeste mense wat my sien dink dit is my troudag, dan wens hulle my geluk,” vertel sy. 

bruid,trourok
Sy het selfs die rok na 'n musiekfees gedra. Foto: Magazine Features

Haar man, Steve, ondersteun sy vrou se trourok-avonture. Dit is immers hy wat altyd die kamera byderhand hou vir 'n foto-oomblik.

Haar 31-jarige seun is egter nie so opgewonde nie.

bruid,trourok
Foto: Magazine Features

“My seun dink ek het heeltemal mal geword. Maar ek en Steve geniet dit nou te veel,” vertel sy.

Bronne: New York Post; The Sun