Vir die eerste keer in Bokgeskiedenis het die Suid-Afrikaners in Jokahama, Japan, nie net een nie, maar twee spogdrieë gedruk in hul derde Wêreldbeker-einstryd. In die verlede was hul enigste punte op die telbord slegs danksy skoppe. 

Die eindtelling was stewig op 32 – 12 in die Suid-Afrikaners se guns en hulle kan gerus wees – hulle was sonder twyfel die beste span op die veld.

Aangesien ons nog self ’n bietjie oorstuur is en hoog is van Bokgees het ons gaan rondkrap in die foto’s van die dag vir agt van daai oomblikke wat ons laat lag of laat huil het.

1. Faf, sy onderbroek en prins Harry

Of jy nou van sy berugte "box kicks" gehou het of nie, Faf de Klerk het ons almal op ons voete gehad. En nou sal ons hom altyd onthou vir die flair van sy speedo.

Faf de Klerk se beker loop oor.
Faf de Klerk se beker loop oor. Foto: David Ramos – World Rugby/World Rugby via Getty Images

En net hierdie kort buksie sal mos voor sy koninklike hoogheid prins Harry in vlagspeedo verskyn! (Ons reken, dis oukei, hy het hard gewerk vir hierdie oomblik.)

Die oomblik van waarheid. Prins Harry beleef Faf i
Die oomblik van waarheid. Prins Harry beleef Faf in sy speedo. Foto: Getty Images

Gelukkig is prins Harry duidelik 'n bok vir sports.

2. Siya se pa in Japan

Nie net is die dit Bok-kaptein, Siya Kolisi, se 50ste toets nie, sy pa en sy vrou was ook daar. Die oomblik was groot. 

View this post on Instagram

My face explains it all. THANK YOU JESUS. ?????

A post shared by Rachel Kolisi (@rachel_kolisi) on

3. Daai beker 

Dit is die derde keer dat 'n Suid-Afrikaanse rugbyspan die Webb Ellis-trofee omhoog hou. Siya is die eerste swart kaptein van die span en hulle mantra #StrongerTogether het hoop en inspirasie in ons almal aangewakker. 

Die Bokke vier hul oorwinning teen die Engelse Ros
Die Bokke vier hul oorwinning teen die Engelse Rose. Foto: David Ramos - World Rugby/World Rugby via Getty Images

4. Ons naam

In minuut 78 kon ons sien hoe graveer hulle al ons naam op die trofee! Ons kan nie praat van almal nie, maar ten minste een of twee van ons het na ons asem gesnak toe die skerm wys hoe "Suid-Afrika" uitgekerf word en verewig word as wêreldkampioene in Japan. 

As 'n foto eers op WhatsApp aangestuur word, is jy
As 'n foto eers op WhatsApp aangestuur word, is jy nie alleen in jou innerlike vreugde nie.

5.  Daai twéé drieë

Vir die eerste keer in Bokgeskienenis het ons in ’n Wêreldbeker-eindstyd nie een nie, maar twee drieë gedruk. Cheslin Kolbe en Makazole Mapimpi het ons baie trots gemaak.

Makazole Mapimpi druk Suid-Afrika se eerste drie i
Makazole Mapimpi druk Suid-Afrika se eerste drie in ’n Wêreldbeker-eindstryd. Dit sy sy veertiende drie in veertien toetse. Foto: Adam Davy/PA Images via Getty Images
Mapimpi se spanmaats is amper nog blyer as hy oor
Mapimpi se spanmaats is amper nog blyer as hy oor die brokkie geskiedenis wat hy gemaak het. Foto: Adam Davy/PA Images via Getty Images)

So moet 'n man mos deurbreek!

Cheslin Kolbe druk Suid-Afrika se tweede drie.
Cheslin Kolbe druk Suid-Afrika se tweede drie. Foto: Shaun Botterill/Getty Images
Cheslin Kolbe kan nie genoeg dankie sê vir daai dr
Cheslin Kolbe kan nie genoeg dankie sê vir daai drie nie. Foto: Shaun Botterill/Getty Images Foto: Shaun Botterill/Getty Images)

6. Die gesing

Die manier waarop Siya en sy Bokspan uit volle bors gesing het, het Suid-Afrikaners hoendervel gegee.

Die Japanners wat dit spesiaal geleer het vir die geleentheid het self 'n paar trane laat rol.


7. Die gees

Saffas is baie dinge, maar in hierdie geval was ons groen van geluk. Mense het die strate ingevaar, gejubel, gehuil, mekaar omhels en sommer net gedans.









8. Siya se boodskap aan Suid-Afrika

Ons het nou genoeg gesê, kyk net hier.

Dankie, Bokke, dit was mooi.