’n Talentvolle dogtertjie het die internet in vervoering met haar ongelooflike kunsvernuf nadat ’n Facebookvideo van die onbekende kleinding waarin sy ongelooflike animasie-figure teken soos ’n veldbrand versprei het.

 Die dogtertjie – wat glo van Korea is – hou haar swart viltpen styf vas in die video van vier minute terwyl sy vorms trek om ’n mier te teken, berig Daily Mail.

Sy teken dan ’n kat, geïnspireer deur Hello Kitty, wat sy later inkleur.

Die video, wat op die Facebookblad Cartoon gedeel is, het al meer as 66 000 trefslae gekry en is meer as 1 000 keer gedeel.

Volgelinge het die gewilde video geloof en was beïndruk met die kind se vaardighede.

“Nie baie mense kan ’n amper volmaakte sirkel teken soos hierdie talentvolle dogtertjie nie, wat nog te sê tekeninge,” het een geskryf.

“Die kind het ware talent,” het nog een laat hoor.

Bronne: Facebook, Daily Mail