Die dag toe die Gosselin-sesling gebore is moes hul ouers behoorlik bontstaan. Skielik was daar ses klein honger mondjies om te voer, ses doeke om te ruil en ses klein lyfies wat liefde en aandag nodig het.

Kate en Jon Gosselin se sesling, die seuns Aaden Jonathan, Collin Thomas en Joel Kevin en dogters Alexis Faith, Hannah Joy en Leah Hope is op 10 Mei 2004 gebore. Die egpaar van Pennsilvanië, Amerika, het toe reeds tweelingdogters, Cara Nicole en Madelyn Kate, gehad, wat vier jaar vroeër gebore is. 

Maar die sprokie van 'n groot gesin het vinnig in skerwe gespat toe Kate en Jon geskei het en twee van die sesling by hul pa gaan bly het en die res van die kinders by hul ma.

Die sesling is 10 weke te vroeg gebore en moes op ventilators geplaas word.

View this post on Instagram

Had a good weekend visit with Collin at home!

A post shared by Jon Gosselin (@jongosselin1) on

Die Gosselin-gesin het gou bekendheid verwerf ná die sesling se geboorte en was in ’n televisiereeks, Home Delivery, toe hul huis opgeknap is om vir die groot gesin plek te maak. Die gesin was in 2005 ook in ’n program van Discovery Health, Surviving Sextulets and Twins, en die jaar daarna in nog ’n program, Sextulets and Twins: One year later.

Dit het gelei tot ’n werklikheidsreeks getiteld Jon & Kate Plus 8 wat die gesin se lewe gedokumenteer het. 

Maar die sesling se lewe het reeds op vyfjarige ouderdom groot ontwrigting ondergaan. In 2009 het die egpaar aangekondig hulle gaan skei.

Sedertdien was Kate en Jon se verhouding onstuimig en het hulle gereeld die nuus gehaal oor onmin rakende toesig oor die kinders.

Aanvanklik het Kate toesig oor die kinders gekry, asook die huis waarin hulle gewoon het. Maar in 2017 het Kate een van die seuns, Colin, in ’n inrigting geplaas vir kinders met spesiale behoeftes. Jon het hom na die hof gewend om te vra dat hy van die inrigting ontslaan en in Jon se toesig geplaas word.  

Jon se aansoek het geslaag.

Hannah, een van die dogters van die sesling, het toe reeds by hom gewoon ná ’n aparte hofstryd. 

Die broer en suster is oënskynlik salig gelukkig by hul pa en sy meisie, Colleen Conrad, en haar kinders.

Jon en Kate kommunikeer glo net deur hul prokureurs en Kate het glad nie kontak met Colin of Hannah nie. Tog het sy hulle in die sosiale media gelukgewens.

Bronne: Wikipedia, The Sun, Instagram