“Melktjie vir my baby!” sê Karlien in ‘n video wat haar ma, Ronêl Brink, gedeel het. 

My baba is baie honger... #backstage #aig2017pta #elah

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Karlien en klein Elah het die koppe laat draai by dié gewilde konsertreeks wat Saterdag in Pretoria begin het. 

Die pragtige @karlienvanjaarsveld straal in haar @anelbothac uitrusting by #AiG2017Pta. ??: @pieter_kuhn_kuhn

A post shared by Afrikaans is Groot (@afrisgroot) on

Die twee met hul pienk valletjies het ‘n vloed van komplimente ontlok. 

AFRIKAANS IS GROOT BABA #elah photocred : @rinel_official

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

“Sy lyk reg om te dans!” het Afrikaans is Groot by die foto geskryf.  

“Mooiste Mooi!! Soetste Elah lief baba! X” het Boer soek ‘n Vrou-aanbieder Minki van der Westhuizen bygevoeg. 

Darem is Ouma Ronêl byderhand om tussendeur toesig te hou. 

Elah is op 9 Oktober gebore en is Karlien se eersteling saam met voormalige rugbyspeler Joe Breytenbach. 

Die konsertreeks hou aan tot 2 Desember.