Die voormalige ster van Two and a Half Men en sy eksvrou, die aktrise Demi Moore, het in 2009 die organisasie Thorn gestig. Sedertdien voer Ashton ’n veldtog teen sekshandel; die liefdadigheidsorganisasie beywer hom vir die uitwissing van kinderpornografie en seksslawerny wêreldwyd. Ashton het gister roerend voor die senaat se komitee vir buitelandse verhoudings gepraat. Hy het van die grusame ervarings gedeel wat hy gehad het in sy pogings om seksmisdade te bekamp.
Cause Celeb: Ashton Kutcher testifies in the Senate on modern slavery https://t.co/Bf5GH9w8gm — Project_NO_REST (@Project_NO_REST) February 16, 2017
“Ek het goed gesien wat geen mens ooit moet sien nie,” het hy met trane in sy oë gesê.
“Ek het videomateriaal gesien van ’n kind wat dieselfde ouderdom as myne is wat deur ’n Amerikaanse sekstoeris in Kambodja verkrag word. Die kind was so deur haar omgewing gekondisioneer dat sy gedink het sy neem aan spel deel.”
“The right to pursue happiness, for so many, is stripped away. It’s raped. It’s abused” #AshtonKutcherhttps://t.co/Yi8pRfBFnw — Reign (@REIGNManchester) February 16, 2017
“In die drie maande daarna het ek saans wanneer ek gaan slaap gedink oor daardie meisietjie wat misbruik word en die feit dat ons haar kon gered het as ek die regte ding gebou het,” het hy gesê.
“As ek nou daardie oproep gekry het, sou die antwoord ja gewees het.”
© Cover Media
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET