charlene hiscock
Charlene Hiscock en haar dogtertjie Miandrie Fourie byna drie maande na die brand. Foto: Verskaf

Tog is die jong ma, Charlene Hiscock (22), vandag dankbaar dat sy en haar dogtertjie, Miandrie Fourie (1), se brandwonde wonderbaarlik mooi genees het. 

“Dit was ’n moeilike tyd gewees. Ek het nie aan die begin nagmerries gekry nie, maar as ek ’n vuur sien kyk ek dadelik weg,” het Charlene Maandag moedig aan Huisgenoot vertel.

miandrie fourie,brand
Klein Miandrie is weer haar ou self. Foto: Verskaf

“Ek is bitter baie bly Miandrie se wonde het herstel, want sy het nog haar hele lewe voor haar. Ek het vandat die ongeluk gebeur het, elke dag net gehoop dat sy niks merke het wat agterbly nie,” voeg Charlene by.  

Natassja Blignaut, ’n familielid, vertel Charlene en Miandrie se genesingsproses was sover ongelooflik.

“Ons is dankbaar en het nie gedink hulle sal so mooi herstel nie. Dit lyk amper nie asof hulle gebrand het nie,” vertel sy.

miandrie fourie,brand
Miandrie se handjie het na die brand mooi genees. Foto's: Verskaf

Huisgenoot het vroeër berig Charlene het op 16 Junie met Miandrie op haar heup verby ’n drom geloop waarin hulle altyd vuur maak, toe ’n onbekende vlambare vloeistof daarin, eensklaps ontplof. Dit het na hulle kant toe geskiet, en albei het aan die brand geslaan.  

Johan Fourie (26) het toe sy dogtertjie gegryp en in water gedruk terwyl Charlene op die grond gerol het om die vlamme te blus. 

Albei het egter ernstige brandwonde opgedoen.

miandrie fourie
Foto's: Verskaf

“Charlene se regterhand het nog ’n lang pad tot herstel, want sy moes ’n veloorplanting kry. Sy het ook bruin vlekke in haar gesig, maar gebruik salf vir haar letsels,” vertel Natassja. 

Nastassja vertel ook voorts dat Charlene baie emosioneel was die afgelope drie maande.

“Sy was baie hier by my gewees en dan het ek haar probeer opkikker. Sy was baie bekommerd dat sy nooit weer gaan mooi lyk nie en oor haar dogtertjie se toekoms.” 

Die bruin vlekke op haar gesig het haar ook aan die begin baie gepla, maar dit pla haar nie meer so erg nie. 

charlene hiscock,brand
Charlene het tweedegraadse brandwonde aan haar gesig opgedoen. Foto's: Verskaf

“Ek moes ook leer om my regterhand weer te gebruik. Ek het nog steeds nie baie krag in my hand nie, maar ek probeer elke dag om goed in die huis te doen en so word my hand sterker,” sê Charlene. 

Nastassja verduidelik verder dat alhoewel die dokter tevrede is met Charlene se regterhand en hoe mooi dit herstel het, moes sy ook vir ’n ruk lank na die operasie vir fisoterapie gaan. 

charlene hiscock,brand
Charlene se hand kort na die brand. Foto: Verskaf

“Haar hand kon nie meer oop en toe gaan nie. Sy kon ook nie iets soos ’n bal druk of optel nie. Die fisioterapeut is ook nou gelukkig en het aanvanklik gesê sy moet haar hand oefen anders gaan sy die gebruik van haar spiere verloor, want haar spiere het verkort na die operasie,” sê Nastassja. 

Al het die jong ma en dogter se wonde byna volkome genees gebruik hulle nog elke dag salf en olies vir die letsels. 

“My hand is nou en dan so bietjie sensitief as ek dit stamp teen iets, maar verder het ek geen ander pyn nie,” sê Charlene. 

charlene hiscock,brand
Charlene kon nie voorheen 'n bal druk of optel nie. Foto: Verskaf

Miandrie se gesiggie word ook gereeld met sonskerm gesmeer omdat haar vel nou baie dun is. 

“As hulle in die son is of sy huil, dan word haar gesig rooi en dan kan jy eers sien waar sy gebrand het,” sê Nastassja. 

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.