Dit is soos om al die toeskouers wat regoor die land in elke eetplek, kroeg of sitkamer om 'n televisieskerm saamgedrom het, se afwagting, vreugde en geluk van Saterdag se finaal van voor af te beleef.

Maar dié keer is dit die duisende opgewonde Suid-Afrikaners wat by die OR Tambo-lughawe byeengekom het om die Bokke tuis te verwelkom, wat die land se euforie versinnebeeld.

Selfs die Ndlovu-jeugkoor het gesig gewys!

Die Ndlovu-jeugkoor in aksie ter voorbereiding vir
Die Ndlovu-jeugkoor in aksie ter voorbereiding vir die Bokke. Foto: Twitter/ @choirafrica

Pieter-Steph du Toit, Faf de Klerk en Elton Jantjies is van die eerste rugbyhelde wat deur die skare ingewag is.

Springbokke
Die Springbokke is op pad huis toe! Foto: Instagram.

Ondersteuners het liedjies gesing terwyl hulle vir die volgende groep spelers gewag het. Trane van blydskap en vreugdeskrete het egter kort voor lank deur die hele gebou weergalm toe die tweede groep eindelik hul afwagting maak.

Spelers soos Duane Vermeulen, Damian de Allende en Makazole Mapimpi het as pure helde deur die skare beweeg. 'n Paar gelukkige ondersteuners kon selfs met 'n getekende hoed of rugbytrui wegstap. 

Die spoedvraat Makazole Mapimpi was 'n gunsteli
Die spoedvraat Makazole Mapimpi was 'n gunsteling onder die Bok-ondersteuners. Foto: Twitter/@Chris_Moagi
Die kampioene word terug verwelkom. Foto: Twitter/
Die kampioene word terug verwelkom. Foto: Twitter/ @Chris_Moagi

SA Rugby het Dinsdagoggend aangekondig dat 'n oorgangsvlug van Sydney, Australië weens tegniese foute vertraag is en dat onder andere die Springbok-afrigter Rassie Erasmus, kaptein Siya Kolisi en onderkaptein Handré Pollard eers later Dinsdagaand in Suid-Afrika sal aankom.

Die Springbokke het Engeland Saterdag met 'n telling van 32-12 geklop om as die wêreldkampioene in Jokohama, Japan gekroon te word. 

Hoewel die Bokke in hul openingswedstryd op 21 September teen Nieu-Seeland vasgeval het, het oorwinnings oor Namibië, Italië, Kanada, Japan en Wallis, vir die manne in groen-en-goud 'n plek in die finaal besorg.