Dit ritsel groen in die wind, gee skadu in die somer en tooi die herfs in rooi en geel. Dis oral. Tog let ons nie op na die natuur se klein kunswerke nie. Maar ’n Japannese kunstenaar wat op sy Instagramblad as lito_leafart bekendstaan, laat baie mense deesdae anders na blare kyk.

Dié kunstenaar, wat sy ware identiteit nie bekendmaak nie, deel gereeld foto’s van ingewikkelde tonele wat uit blare gesny is. Dit kry groot aftrek, want elke kunswerk wys verstommende detail.  

Lito, wat een blaar per dag met die hand uitkerf en die foto daarvan op Instagram deel, sê dié kunsvorm help hom om sy aandaggebrek-hiperaktiwiteitsteuring (AGHS) te hanteer.

Dit kalmeer hom, want sy gedagtes durf nie dwaal terwyl hy die kunswerk uitkerf nie. Hy het al in die verlede papiersnykuns gedoen, maar kon nie sy aandag daarby bepaal nie.

“Toe sien ek die handewerk van ’n Spaanse blaarsnykunstenaar, en ek wou dit dadelik self probeer,” vertel hy.

Hy gebruik blare wat nie sommer bros raak wanneer dit uitdroog nie en span dit in om sy patrone te skep.

’n Toneel word eers op die blaarskyf geteken, waarna hy dan sy papiersnytegniek inspan om dit met ’n X-Acto-mes uit te kerf. Hy stal sy werk uit deur die blare teen ’n wit muur of teen die blou hemel te hou.

1. ’n Huldeblyk aan E.T

blaarkuns
’n Huldeblyk aan die fliek E.T. The Extra-Terrestrial. Foto: Instagra,/@lito_leafart

2. Die miervreter

blaarkuns
Het jou! ’n Miervreter vang sy prooi. Foto: Instagra,/@lito_leafart

3. Die dors wasbeer

blaarkuns
’n Wasbeer les sy dors. Foto: Instagra,/@lito_leafart

4. ’n Rockgroep in die skemer

blaarkuns
’n Rockgroep kap dit uit in die skemer. Foto: Instagram/@lito_leafart

5. Etenstyd!

blaarkuns
Etenstyd! ’n Seekat se werk is nooit klaar nie. Foto: Instagram/@lito_leafart

6. Elegie aan Egipte 

blaarkuns
Elegie aan Egipte – ’n stoet kamele, ’n piramide en ’n sonsondergang. Foto: Instagram/@lito_leafart

7. Dieremusikante

blaarkuns
Dieremusikante van Bremen. Foto: Instagram/@lito_leafart

8. ’n Verkleurmannetjie 

blaarkuns
’n Verkleurmannetjie kry inspirasie by skilpadbesies. Foto: Instagram/@lito_leafart

9. Die kameelperdgesin 

blaarkuns
’n Teer toneel wat ’n kameelperdgesin uitbeeld. Foto: Instagram/@lito_leafart

10. Spelerige dolfyne

blaarkuns
Spelerige dolfyne spring deur hoepels terwyl pikkewyne toekyk en ’n rob ’n lekkerny kry. Foto: Instagram/@lito_leafart

11. ’n Gesin van voëls

blaarkuns
Aandete vir ’n gesin van voëls. Foto: Instagram/@lito_leafart

12. ’n Seeperdjie 

blaarkuns
’n Seeperdjie met sy kroos van fyn uitgekerfde babas. Foto: Instagram/@lito_leafart
BRONNE: INSTAGRAM, BOREDPANDA.COM, MYMODERNMET.COM, DESIGNBOOM.COM
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe