Die gru-video van die bloedsuier wat dr. Liu Xiongguang uit die 51-jarige pasiënt se neus haal, is deur ’n verpleegster opgeneem.

Die man se neus het glo vir 10 dae onophoudelik gebloei.  Sy vrou het glo ook iets by een van sy neusgate sien uitsteek.

Die man is toe na die Beihai People’s-hospitaal in die suide van China waar dr. Lui, ’n oor-, neus- en keelspesialis, die parasiet binne sy neus ontdek het.

"Toe ek na sy neus gekyk het, het ek eers iets in sy regter neusgat gesien, toe skielik in sy linker neusgat. Tydens ’n deeglike ondersoek het ons bevestig dit is ’n bloesuier wat in sy neus is."

Dit is nie heeltemal duidelik hoe die glibberige bloedsuier in sy neus beland het nie, maar dit het heel moontlik by sy neus ingeglip toe hy in ’n rivier geswem het. 

Die bloedsuier het glo vir twee weke hom daar tuis gemaak. 

Bronne: New York Post, Mirror