Claudia Henkel, wat in 2004 die Mej. Suid-Afrika-kroon gedra het, het Sondag die eerste foto's van haar tweeling op Instagram gedeel.

Die lenige blondine en haar man, Orin Roesstorff, se tweeling is op 23 Januarie 2018 gebore.

Die name en geslag van die babas is nog nie bekendgemaak nie.

Claudia het Maandag ’n foto van haar man, Orin, en ’n baba gedeel met die boodskap daarby wat lees: “Soos pa, soos seun.”

Like father , like son ?? @orinroesstorff #besties #daddy #twins

A post shared by Claudia Henkel (Roesstorff) (@claudiahenkelsa) on

In ’n ander foto het een van die twee babas ’n pienk pakkie aan en die ander ’n wit pakkie met blou kousies.                                           

“Ek is baie dankbaar dat ek soveel versoeke gekry het van mense wat my kosbare tweeling wil sien, sonder twyfel is hulle die mooiste klein geskenke, maar my manlief en ek @ orinusstorff het besluit dat hulle van 'n ouderdom moet wees wat hulle kan toestem voordat hul mamma foto's van hul gesigte plaas #mom #twins #love #happy,” het Claudia Sondag by die skattige foto op haar Instagram-blad geskryf.

Haar aanhangers het behoorlik met die plasing van die foto saamgekoer en die inskrywing het in net een dag meer as 900 trefslae gehad.