“Jy inspireer mamma om elke dag die beste te wees wat ek kan wees. Ek is lief vir jou,” het sy Donderdag in die sosiale media geskryf.

Rolene begin Vrydag met haar mediese eindeksamen. “Ek kan nie glo die tyd het eindelik aangebreek nie,” skryf sy.

Ek dink ek het twee harte: een vir jou en een vir pappa

“Ek begin met my mediese eindeksamen waarna ’n reis van ’n leeftyd voorlê,” skryf sy. “Al die harde werk kom neer op hierdie laaste drie weke. Ek kan nie wag om dit oor en verby te kry nie.”

By die inskrywing is ’n foto van haar en haar seuntjie wat na haar man se pa genoem is. Sy hou hom in die lug en hulle lag alte lekker saam.

“Ek dink ek het twee harte: een vir jou en een vir pappa,” skryf sy.

Twee weke voor haar eindeksamen begin het, het sy ’n veluitslag gekry. “Ek is ’n bietjie angstig om eerlik te moet wees, maar ek weet ook dat dit (die veluitslag) ook verby sal gaan,” het sy toe geskryf.

“Ek is so dankbaar vir my familie en vriende se ondersteuning. Veral my ongelooflike man en ma. Dankie dat julle my toelaat om my doelwitte te bereik, my drome te leef en my te ondersteun as ’n ma, vrou, dogter en student,” het sy geskryf.